Kuier

Twee keer in rehab

-

sel jou senuwees aanval. Iemand wat ons ken het dieselfde siekte gehad, so ons het min of meer geweet wat wag.”

Hy was vir twee weke in die intensiewe sorgeenhei­d (ICU) by Panorama-hospitaal waartydens sy liggaam só erg verswak het dat hy niks meer vir homself kon doen nie, en is daarna na die Vincent Pallotti-rehabilita­siesentrum in Pinelands oorgeplaas.

“Ons het gebid dat ’n ventilator nie nodig sou wees nie en God het ons gebede beantwoord. Dit is weereens ’n bewys gebed dra krag en dit maak nie saak in watter situasie jy beland nie, God is met jou. Daar was so baie vriende wat gekuier het dat elkeen letterlik net twee minute kon inloer om almal kans te gee,”sê hy.

Toe hy hoor dat hy vir drie maande by die rehabilita­siesentrum moes bly, het hy hewig teen die karre geskop.

“Ek bedoel drie maande is lank. Ek moes dit toe so aanvaar, want ek kon niks vir myself doen nie. Ek moes van oor af leer om als te doen.

“Dit raak aan ’n mens se menswaardi­gheid wanneer jy toilet toe moet gaan en iemand moet jou skoonmaak. Ek haal my hoed af vir die caregivers wat dit met ’n goeie hart en gesindheid doen. Ek onthou ek moes my tandeborse­l in my hand hou en my kop beweeg sodat ek tande kon borsel. In hierdie tydperk het Debbie 50 geword en moes haar dag by my in die hospitaal deurbring. As oefening vir my hande het ek vir haar ’n verjaardag­kaartjie gemaak. Sy sê dit is haar mees spesiale verjaardag­kaartjie ooit.”

Leigh meen wanneer jy trou, is dit in “sickness and in health”en wanneer so iets gebeur, toets dit jou beloftes. Sover het hulle nog die toets geslaag.

Die moeilikste vir hom deur al die terapie was die verlange om te loop. Hy het die rehabilita­siesentrum in ’n rolstoel verlaat, maar hy wou loop en hy het dit ses maande later gedoen.

Maar toe tref die noodlot hulle sowaar weer ’n jaar later . . .

Hy en Debbie het op 19 Desember 2017 ’n familietro­ue in die Oos-Kaap bygewoon en twee dae later was hulle in ’n motorongel­uk betrokke. ’n Verbygaand­e voertuig se trailer het losgekom en met hul voertuig gebots. Sy vrou het ’n paar skrape gehad. Leigh het egter ’n traumaties­e breinbeser­ing opgedoen, iets waarvoor daar geen waarborg op herstel is nie. En wéér was hy verlam en wéér moes hy na ’n rehabilita­siesentrum gaan.

“Ek het twee weke in die hospitaal deurgebrin­g. Ek moes weereens na ’n rehabsentr­um gaan.”En weereens het Debbie die stukkies saam met hom opgetel.

 ??  ?? BO: Leigh en sy vrou, Debbie.
REGS: Ná sy verlamming moes Leigh ’n loopraam gebruik om sy bene te versterk en weer te leer loop.
BO: Leigh en sy vrou, Debbie. REGS: Ná sy verlamming moes Leigh ’n loopraam gebruik om sy bene te versterk en weer te leer loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa