Kuier

NIE LEWENSBEDR­EIGEND

-

Die slegte nuus van hierdie toestand is dat daar geen geneesmidd­el is nie, maar die goeie nuus is dat dit nie lewensbedr­eigend is nie, aldus kenners. Maar die pyn en ongemak kan nogal jou lewe deurmekaar­krap, sal IBS-lyers jou vertel.

Tarryn Josephs (26) van Milnerton in die Kaap sê haar stryd met IBS het in 2009 begin.“Ek was in graad 10 en het baie erge krampe gehad. Die dokter het toe besluit om ’n colonoscop­y te doen net om te kyk wat fout kan wees. Hy het toe ’n stukkie netvet gekry en dit uitgesny, maar niks anders gevind nie. Toe verduideli­k hy vir my dat dit IBS kan wees. Ek het toe maar self opgelees daaroor. My simptome het ooreengest­em met dié van die internet en toe begin ek nuwe kosse by my dieet inwerk.”

Die sindroom het Tarryn se lewe met die intrapslag affekteer.“Ek het elke dag ’n nuwe ding gevind wat my maag nie kon hanteer nie. Ek onthou ek het so vir die eerste ses maande op ’n streng dieet gegaan. Hoe meer jy oplees, hoe meer besef jy elke liewe dingetjie kan jou IBS affekteer. Ek het kosse begin uitskakel en pille daarvoor gedrink, want die krampe was bitter erg.”

Sy bieg dat die krampe en die ontydige tye wanneer dit opdaag, die ergste is.“As IBS aan jou deur kom klop, moet jy toilet toe hardloop! Ek onthou daar was tye waar die pyne so erg was dat ek hospitaal toe moes gaan. Die diarree is die ergste, maar die constipati­on! Dit hou vir dae aan!”

Tarryn moes verskeie leefstylve­randerings maak om die IBS-simptome te verlig. Sy sê sy kan amper geen gemorskos of

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa