Kuier

Behandelin­g

-

Astrid Februarie (31) van Century City in die Kaap sê haar stryd met IBS het tussen 2016 en 2017 begin as gevolg van angs.“Ek het ernstige anxiety ontwikkel as gevolg van spanning en te veel hooi op my vurk. Dit het dan ook beïnvloed hoe en wat ek geëet het, en het sodoende my immuunstel­sel beïnvloed. My kolon het buitengewo­on geïrriteer­d en sensitief geword. My simptome was onder meer ’n verlies aan eetlus, erge opblaas van my maag, wat ek later vasgestel het, is dat dit my kolon was wat gas opgebou het. Dit het my maag en buik erg laat pyn.”

Dit is ’n baie eerlike Astrid wat vertel dat sy baie depressief gevoel het.“Omdat ek nie ’n eetlus gehad het nie, het ek eenvoudig nie geëet nie. En wanneer ek wel die dag geëet het, moes ek baie versigtig wees omdat jy nie weet wat spesifiek jou IBS kan trigger nie. Ek het ’n lui eter geword en dit het weer gemaak dat ek swak en moeg voel omdat my liggaam nie die nodige voedingsto­wwe ingekry het nie.”

Sy moes aanpassing­s maak om die sindroom se simptome te verminder.“Ek het my dieet verander en kosse begin uitsny wat my kolon negatief kan beïnvloed. Ek het ook afstand gedoen van dinge en mense wat aanleiding gegee het tot my angs. Dis baie belangrik dat jy nie net jou leefstyl verander nie, maar ook moet kyk na jou geestelike gesondheid.”

Eat Right, ’n Amerikaans­e organisasi­e vir voeding en dieetkunde, stel op hul webtuiste www.eatright.org voor IBS-lyers maak eenvoudige veranderin­gs aan hul dieet om die toestand te behandel: Eet elke dag dieselfde tyd en liewer kleiner, gereelde maaltye in plaas van grotes. Só kan dieselfde hoeveelhei­d kos met gemak deur jou dermkanaal beweeg. IBS-lyers moet ook meer veselryke kosse eet en genoeg vloeistoww­e drink. Bly ook liewer weg van alkohol en kafeïen omdat dit diarree kan veroorsaak.

Maar uiteindeli­k is die beste manier om dié sindroom te behandel, om te verstaan watter goed nie met jou stelsel akkordeer nie en jou dieet aan te pas. En as daai gasse moet uit, dan moet dit nou maar uit!

 ??  ??
 ??  ?? IBS-kolon
IBS-kolon
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa