Kuier

Antwoord

-

Die storie oor die meisie wat altyd die boyfriend instop en op die ou einde gedrop word, is so oud soos die berge! Opregte liefde kan nie gekoop word nie.

Dit staan soos ’n paal bo water dat jou ou jou misbruik het en vir hom was jy net “a friend with benefit”toe hy gesukkel het. Vergeet van die skobbejak en wees bly jou oë het betyds oopgegaan. Soms is dit ’n blessing in disguise dat sommige mense (soos hy) hulself uit jou lewe sny, want sy seisoen met jou is klaar.

Staan op. Skud af die stof en beweeg aan. Moenie toelaat dat hy jou gedagtes beset nie. Daar wag iemand op die horison vir jou . . . Iemand wat ook dalk gewag het dat jou huidige vriend moet pad vat!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa