Kuier

Sukkel steeds

-

Die meeste van ons het al van “Daddy issues”gehoor, wat na verskillen­de negatiewe verhouding­s tussen mans en veral vroue en hul pa’s verwys. Maar wat is “Mommy issues?”

Dit is natuurlik vir mense om net te aanvaar Mommy issues moet die teenoorges­telde van Daddy issues wees, maar kenners meen dit is soveel meer kompleks om Mommy issues te hê as Daddy issues. Want anders as met Daddy issues, spruit die probleme nie altyd net uit ’n slegte verhouding met jou ma nie. Soms kan dit ook wees omdat die ma-kind-verhouding té goed is.

Volgens die sielkundig­e Hilary Simpson van Kaapstad verwys Mommy issues na probleme wat ontstaan as gevolg van ’n verhouding tussen ma en kind, wat ’n negatiewe emosionele impak op die kind het.“Dit kan wees as gevolg van ’n afwesige ouer, ’n ouer wat emosioneel onbeskikba­ar is, of in die geval van seuns, waar ’n ma nie genoeg ruimte vir die kind gee om te ontwikkel nie. Dit laat baie min ruimte in die kind se lewe vir ander verhouding­s, wat ook nie gesond is nie. Sommige meisies (met Mommy issues) vind ma-rolmodelle in ander vroue, soos hul onderwyser­s, oumas of vriende,”sê sy.

Hilary verduideli­k gewoonlik sal ’n meisie met ’n positiewe verhouding met haar ma presies soos haar ma wil wees, maar iemand wat nie soos haar ma wil wees nie, kan die grootste aanduiding van Mommy issues wees.“As ’n meisie nie geliefd voel nie, ervaar sy ’n gebrek aan selfvertro­ue wanneer sy ouer word. As haar ma controllin­g en dominant was, nie haar dogter geprys het vir klein en groot prestasies nie, maar meestal gekritisee­r of geïgnoreer het, word daardie dogter ’n volwassene met baie insecuriti­es,” sê Hilary.

Só het Amy van der Westhuizen (57) van Bellville- Suid in die noordelike voorstede van Kaapstad selfs as volwassene en ma gesukkel om positief oor haarself te dink. Vir die grootste deel van haar lewe het sy gevoel dat niks wat sy doen, reg is nie en dit het haar later as volwassene geaffektee­r. Al het sy, volgens haar, goed perfek gedoen, het haar ma altyd iets gevind om te kritiseer. As sy die wasgoed gestryk het, was die nate nooit reg gestryk nie. As sy kos gemaak het, was daar nooit genoeg sout nie of was dit te vaal.

“Dit het vir my gevoel asof sy my haat.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa