Kuier

Groot impak

Jou hele lewe kan skade ly as jou ma jou sleg behandel of te veel opgepiep het. Mommy issues kan jou lank volg as jy nie daarmee deal nie. DEUR Tarren-Lee Habelgaarn

-

My pa het my soos ’n prinses laat voel. Hy was baie streng, maar hy was nie bang om jou te prys en te kompliment­eer nie. Ek kan nie onthou dat ek ooit ’n kompliment van my ma ontvang het nie,”sê sy.

“Later was ek te bang om iets te doen, omdat ek nie sleg oor myself wou voel nie en dit het ons verhouding net vererger. Ek kon dit nie verstaan nie, want ek kon sien dat sy sag en liefdevol teenoor my broer was. Dit het my net bitter gemaak en ons verhouding het nooit reggekom nie. Sy het selfs ’n rede gevind om nie by my baby shower te wees nie en dit is toe ons paaie finaal geskei het, tot en met haar dood.”

Amy sê sy wou nie hê haar kinders moet in dieselfde negatiewe omgewing soos sy grootword nie en sy raak daarom nou dalk te aktief betrokke in haar kinders se lewens. Maar dit is vir haar uiters belangrik dat hulle met selfvertro­ue en die wete dat hulle genoeg is, grootword. Iets waarmee sy vir dekades gesukkel het.

Vir Jason Brown (35) van Kuilsrivie­r in die Kaap, is sy ma weer té oorheersen­d en het dit elke verhouding waarin hy al was, belemmer. Sy ma is ’n enkelouer en omdat dit altyd net hulle is, het sy hom gemanipule­er en skuldig laat voel wanneer hy ’n ander vrou in sy lewe gehad het. Sy sou hom dwing om ’n afspraak met sy meisie te kanselleer omdat sy konsuis sy hulp nodig gehad het en geweet het hy sou nie nee sê nie. Hy moes ook voor sy meisie altyd sy ma se kant kies. Sy ma sou voor haar vriende ook beledigend oor die nuwe vrou in sy lewe praat. As hulle wou weggaan, het sy gesmeek om saam te gaan omdat sy nie alleen wou bly nie.

“Dit het altyd probleme in my verhouding­s veroorsaak omdat hulle (die vroue) gevoel het ek altyd my ma se kant kies. Dit het my gepla, maar ek wou nie my ma teleurstel of seer maak nie. Toe ek my trouvrou amper verloor, móés ek met my ma gesels en haar laat verstaan dat my verloofde ook ’n belangrike vrou in my lewe is en dat sy haar met respek moet behandel.”

Dít was ’n moeilike gesprek vir Jason, maar vandag is dit vir hom lekker dat die vroue in sy lewe mekaar respekteer.

Carmen Petersen (49) van Heideveld op die Kaapse Vlakte sê sy weet presies hoe dit voel om van jou ma af te wil wegkom.

Volgens haar het haar ma haar altyd laat voel asof sy minder werd is as haar broers en pa.“Sy het hulle op die hande gedra, maar van my ’n slaaf gemaak. Ek kon nooit gaan speel nie, want ek moes altyd skoonmaak of vir my broers en pa sorg.”

Carmen sê sy moes alles vir haar ma doen en baie keer moes sy hoor hoe vet en dom sy is. Sy was daarom baie sensitief en het nie mense maklik vertrou nie.“Mans het gevoel dit is onmoontlik om ’n gesonde verhouding met my te hê omdat ek emosioneel onbeskikba­ar is. By die werk wou niemand met my werk nie, omdat ek daardie persoon was wat nooit na ander se opinies wou luister nie en altyd in ’n mood was.”

Eers nadat sy profession­ele hulp gekry het om beter verhouding­s met mans en vroue oor die algemeen te kan bou, het die terapeut aan Carmen verduideli­k dat haar emosies en gedrag teenoor ander as gevolg van haar Mommy issues is.

Kim Lakey, ’n familieber­ader van Kaapstad, sê dis moeilik vir vroue met Mommy issues om nuwe vriende te maak, maar dit is baie belangrik om hulp te kry. Dit is nooit te laat nie.

“As ’n vrou die liefde van haar ma moes verdien eerder as om onvoorwaar­delik liefde te ontvang, sal sy altyd in haar verhouding­s met ander mense twyfel,”sê Kim.

“As ’n volwassene kan sy nie mense vertrou wat haar goed behandel nie, omdat sy besef hul gedrag kan uit die bloute verander en sy sal ly. As ’n dogter die moeder se aandag en liefde soek, maar haar ma ignoreer haar, doen sy haar bes om dit op een of ander manier te verdien. Soms kan dit tot mishandeli­ng en verslawing lei omdat hulle enigiets sal doen om daardie aanvaardin­g te voel, al is dit negatief.”

Volgens Hilary is vroue wat mans se geselskap bo ander vroue se geselskap verkies, ook ’n aanduiding van Mommy issues. Sy meen hulle wil sover moontlik wegkom van enige vroulike assosiasie.

Sy sê dit kan moeilik wees vir mense om hul gevoelens te identifise­er en dikwels vind hulle maniere om slegte herinnerin­ge te begrawe of trauma uit hul verlede te ignoreer.

Dit is egter nooit goed om sulke goed te ignoreer nie, want die meeste van die tyd word dit juis na die volgende generasie oorgedra.“Dit is belangrik om die tyd te vat om die onopgelost­e seer en gevoelens wat ons oor ons ouers het, te verstaan en te verwerk asook om aan ons eie verhouding­s te werk,”is Hilary se raad.

Verhouding­s tussen ouer en kind kan soms kompleks wees, maar dis belangrik en dis eers as ons self genees, dat jy gesonde, vervullend­e verhouding­s kan hê.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa