Kuier

KOOP OF HUUR?

-

Die sêding“there’s no place like home”het deesdae vir baie mense ’n nuwe betekenis noudat die meeste van ons al vir maande nie veel uit die huis kom nie. Die groter waarheid is dat die corona-pandemie ’n enorme impak op Suid-Afrika se ekonomie het – talle mense sit sonder werk, baie mense se pay-pakkies is drasties gesny, besighede maak links en regs toe en almal draai versigtig hul sente om.

Baie huiseienaa­rs moet ook nou noodgedwon­ge dringend hul huise verkoop en dít bied aan kopers die gulde geleenthei­d om eiendom te bekom. Maar is dit nou die regte tyd om ’n huis te koop, al is daar baie mense wat nou uit desperaath­eid ’n laer aanbod sal aanvaar as voorheen?

“Ek droom al jare daaroor om vir my gesin ons eie huis te koop. Ek verpes dit om elke maand my huur te betaal. Dit voel soos geld in ’n gat gooi,”erken Karel Johnson (42), ’n motorwerkt­uigkundige van Parow in die Kaap. Hy en sy gesin van vier woon al drie jaar in dieselfde huis en betaal tans R6 600 huur per maand, maar raak nou moeg daarvoor om elke paar jaar te moet trek.“Ek sal graag vir ons ’n huis in die area wil koop sodat ons permanente wortels kan skiet. Ek is gelukkig dat my werk redelik seker is, maar ek voel bang om die groot stap te neem. Dis ’n huge commitment . . .”

Hoewel Karel moontlik goedgekeur sal word vir ’n huislening, is hy bang vir die twintig jaar wat hy elke maand ’n groot gros van sy inkomste sal moet spandeer aan afbetaling­s, wat vir hom baie min finansiële beweegruim­te sal gee.“Miskien is die pandemie net die regte hupstoot wat ek nodig het om my bankbestuu­rder te gaan sien,”glimlag hy.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa