Kuier

BEHUISINGS­KRISIS

-

druk en wantroue in die regering. Kopers word weer gemotiveer deur die lae rentekoers­e en die geleenthed­e wat daar is as gevolg van desperate verkopers.”

Maar, waarsku hy, finansiële instelling­s (soos banke) het toestemmin­g by die regering gekry om hul uitleen-kriteria te hersien en daarom moet jy versigtig wees om nou ’n groot lening aan te gaan wat jy eintlik nie kan bekostig nie.

“Wanneer jy ’n eiendom koop, gaan die grootste deel van jou salaris vir die volgende 20 jaar gebruik wod vir die afbetaal aan jou huislening. Dit is 240 maande van suiwer commitment. Maar anders as om te huur en iemand anders se verband af te betaal, is jou huislening eintlik ’n manier om jouself te forseer om te‘spaar’,”verduideli­k Paul.

Aan die ander kant, is die huurmark vinnig besig om oorlaai te word met addisionel­e eiendomme wat in die verlede geoormerk is vir korttermyn- of vakansieve­rblyf, asook al hoe meer huurders wat nie meer elke maand kan betaal nie, voeg Paul by. Dít beteken baie landlords kies om nie huur te verhoog nie, wat weer in huurders se guns tel. Dit bied jou die geleenthei­d om met jou landlord te onderhande­l vir ’n beter tarief, veral as jy nie tans in ’n posisie is om te koop nie.

Careen Mckinon, hoof van verkope by ooba Home Loans, sê veral first-time buyers maak op die oomblik gebruik van die situasie.“Baie mense besef dit is ’n geleenthei­d vir hulle om nou hul eie huis te koop. Maar jy moet realisties wees oor jou werksekerh­eid. Hou die sektor waarin jy werk in gedagte en bepaal jou eie risiko vir werklooshe­id.” Sy verduideli­k verder, hoe laer die rentekoers, hoe hoër is die lening waarvoor jy goedgekeur kan word.“Voor Covid-19 was die tariewe by 9,25%, wat beteken ’n koper moes meer as R30 000 per maand verdien om te kwalifisee­r vir ’n R1 miljoenver­band. Met die verlagings in die rentekoers hoef jy nou net meer as

R26 000 te verdien vir dieselfde lening.”

Careen se raad is duidelik: as jou huur meer is as wat jy maandeliks sou betaal aan die verband van dieselfde eiendom, is dit tyd om te oorweeg om te koop. Hoe gouer, hoe beter!

Wendy Carolison (48), ’n klas-assistent, bly al vir die afgelope amper agt jaar in haar uncle se Hop-huis in Bloekombos naby Kaapstad.“Ek is trots op my huis. My tuin lyk so mooi met al die reën en ek koop elke maand ietsie om die binnekant nog meer cosy te maak. Ek sal dit so graag wil koop, veral noudat dinge so ’n bietjie crazy is. Maar ek is nou nie seker of ek met my pay-pakkie ’n loan kan kry by die bank nie.”

Voordat sy in haar uncle se huis gaan bly het, het Wendy amper elke jaar getrek omdat haar huur aanhou styg het en haar salaris sukkel om by te bly. Sy het nog nooit die vrymoedigh­eid gehad om aansoek te doen vir ’n huislening nie omdat sy maar aanvaar sy verdien nie genoeg nie.

Hop-huise is deur die regering gebou en word gegee aan lae-inkomste families. Die huise word deur die ontvangers besit en nie gehuur nie. Die eienaar van die Hophuis kan dit ná agt jaar verkoop.

Daar is egter, volgens Quinton Adams van die Shackbuild­er-projek, ’n behuisings­krisis in die Wes-Kaap en ’n agterstand van meer as 500 00 huise.“Die behuisings­begroting is tussen R2 en R3 miljard per jaar en daar word tans tussen 10 000 en 16 000 huise per jaar gebou. Op dié trant sal dit 27 jaar neem om die behuisings­agterstand uit te wis.”

Volgens hom is die begroting vir behuising te klein. Dít veroorsaak dat talle mense geforseer word om in ander mense se jaarts, in plakkershu­tte of by familie te bly.

“En omdat die behuisingb­egroting so laag is, moet die gesondheid­sbegroting soveel hoër wees (ongeveer R23 miljard per jaar) omdat hierdie lewensomst­andighede jou gesondheid ernstig kan affekteer,”verduideli­k hy. Volgens hom is tot 50% van protesaksi­e in die Kaap juis oor hierdie kwessie.“Ons sal altyd ’n rustelose land hê alvorens die behuisings­ituasie opgelos word.”

Wendy kan oorweeg om gebruik te maak van FLISP (finance linked individual subsidy programme), ’n regeringsp­rogram wat Suid-Afrikaanse first-time buyers oor 18 wat tussen R3 510 en R22 000 per maand verdien, voorsien van ’n subsidie om ’n huis te koop wat jy nie hoef terug te betaal nie.

Maar jy moet eers kwalifisee­r vir ’n huislening by ’n finansiële instelling en jy moet getroud wees, saam met iemand bly of enkellopen­d met minstens een afhanklike. Afhangende van jou maandeliks­e inkomste kan jy kwalifisee­r vir ’n subsidie van tussen R27 960 en R121 626. Die aansoekpro­ses neem ongeveer sewe dae.

Dit is beslis op die oomblik ’n“kopersmark”, maar daar is baie dinge om in ag te neem, veral in die huidige chaos. Soos die kenners sê, dis altyd ’n goeie idee om eiendom te koop, eerder as om iemand anders se huis af te betaal met jou huurgeld. Tog is dit belangrik om seker te maak jy is finansieel gesond genoeg om jouself onder daardie ekstra druk te plaas.

Kontak:

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa