Kuier

TEL SÓ DIE stukke op

Nes Jada en Will cheat “gewone” mense ook. Die goeie nuus is jul verhouding kán gered word ná ’n entangleme­nt. DEUR CHRISLYNN SIAS

-

Die term“entangleme­nt”het die laaste paar paar weke die ganse vermaakwêr­eld op hol gehad en die hashtag #entangleme­nt het soos ’n veldbrand versprei en kort voor lank het dit getrend op al wat ’n sosiale mediaplatf­orm is.

As jy nie“entangleme­nt”die laaste ruk iewers in die koerante of op die internet raakgelees het nie, weet jy seker ook nie dat die sanger August Alsina (27) in die akteur Will Smith (51) se slaai gekrap het nie. Wyd en syd het mense mond uitgespoel oor Jada Pinkett Smith en Will se huwelik en die buiteegtel­ike verhouding (lees entangleme­nt) waarby Jada vier jaar gelede betrokke was. Mense kon nie glo dié oënskynlik­e gelukkige glanspaart­jie ervaar ook dieselfde probleme as ons “gewone”mense nie. Vir jare was dié paartjie op ’n pedestal so hoog geplaas dat ons nooit eens sou kon dink dat hulle eendag daar sou afval nie. En dié val was hard en skielik . . . Vroeg in Julie het Jada (48),

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa