Kuier

WAT IS VROUE SE ROL VANDAG?

Oor die jare moes vroue baie goed deurmaak net omdat hulle in boksies gedruk is. Maar het die rol van vroue regtig verander? DEUR SYDENE CLOETE

-

Hoe het die rol van vroue oor die laaste paar dekades verander? Ons kan nie net na vroue kyk sonder om elke ander geslagsrol onder die soeklig te plaas nie. Dus moet ons kyk na hoe geslagsrol­le oor tyd verander het. Om ’ n meer verligte siening hiervan te hê, moet ons nog dieper gaan en kyk na manlike en vroulike energie eerder as geslag. Dominante vroulike of manlike energie het niks met geslag of seksuele voorkeure te doen nie. In ’ n heteroseks­uele verhouding kan die man die sagter en vroulike krag wees en ’ n vrou die rigiede, manlike krag.

Vir eeue is die basiese reg om te wees wie ons is, misken en het die samelewing ons in boksies met eng riglyne gedruk. ’n Man moet werk en sorg vir sy gesin, hy moenie huil nie, hy moet sterk wees en veg om almal te beskerm. Seuns moet boomklim en met karretjies speel.

Meisies moet popspeel, teepartytj­ies hou en huis-huis speel. Tog tot vandag toe frons gemeenskap­pe as seuns wil “meisie-speletjies” speel, Mamma se grimering wil gebruik of hakskoene wil aantrek. ’ n Ma is ewe veel haar seun se rolmodel as haar dogter s’n. Vir eeue was ’n vrou se rol om huis skoon te maak, te was en stryk, om te kook en kinders groot te maak. Selfs in die laaste dekades toe norme verander en vroue die “manswêreld” betree, het dit nie van hul “voorgeskre­we” pligte weggeneem nie. Als was eenvoudig net bygevoeg met min verskuiwin­gs in die geslagsrol­le van mans.

Jou vroulike energie is die sagter kant van jou wat meer ontvanklik is met ’ n fyn intuïsie en empatie. Sy is meer sensueel en emosioneel. Sy is die versorger in jou. Jou manlike energie is die beskermer, meer gefokus, rigied, doelgerig en gestruktur­eerd. Die manlike deel in jou wil voorsien en beskerm en die vroulike deel wil voed en vertroetel. Jou manlike energie is seksueel en jou vroulike energie is sensueel. As ons in hierdie lig daarna kyk, kan ons sien hoe afhanklikh­eid van enige geslag aangemoedi­g word deur een te onderdruk.

Vroue het oor die laaste paar dekades al hoe meer hul vastrapple­k in die ekonomie gekry, maar as gevolg van verwronge sienings en innerlike ongebalans­eerde manlike en vroulike energie by beide geslagte, sukkel vroue selfs vandag steeds om erkenning te kry.

Soos ons in geslagboks­ies gedruk is, was ons ook in emosionele boksies gesit. Dit het vroulike energie in vroue en manlike energie in mans opgeblaas. Vroue het dus ’ n moeiliker tyd gehad om vastrapple­k in die “manswêreld” te kry, want dié wêreld is rigied, doelgeorië­nteerd met ’n tekort aan empatie en stereotipe­er vroue net as hul vroulike deel. Dus, ooremosion­eel, te sag, te genaakbaar.

Vroue is baie aan hul eie genade oorgelaat en moes noodgedwon­ge ál meer op die manlike deel in hulle staatmaak. As ons kyk na tye soos die oorloë, hoe vroue alles aan die gang moes hou terwyl mans gaan veg het; of tydens apartheid hoe vroue moes veg vir gelyke regte, sien ons hoe vroue moes sterk wees. Ook toe hul mans terugkom van emosioneel uitdagende gevegte en in depressie verval het omdat hulle nie geweet het hoe om hul emosies te hanteer nie, moes vroue die huishoudin­g staande hou.

Ma’s moes sterk staan en planne maak wanneer pa’s nie emosioneel opgewasse was teen die druk nie. In meer onlangse tye het ons enkelma’s wat die rol van beide ouers moet vertolk.

“Die lewe het haar hard gemaak,” sê mense dan.

Die lewe het haar nie noodwendig hard gemaak nie, sy het net ’n tydelike interne wanbalans ondervind, omdat sy nie geweet het hoe om haar manlike en vroulike aspekte te integreer nie. Vir sommige het dit ’n rukkie gevat en ander was te bang om kwesbaar te wees en het vir te lank die harde dop gedra.

Ons is stadig besig om as samelewing in balans te kom. Ons het meer aanvaardin­g en geduld vir onsself en dus vir ander. Oor tyd het omstandigh­ede vroue uitgedaag om meer in balans te kom met hul sterker kant. Dit het hulle gehelp om hul persoonlik­e krag terug te eis en só die rol van die vrou te herdefinie­er. Die wêreld vir vroue het nie noodwendig verander nie, dis nou net meer in balans.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa