Kuier

FACEBOOK

-

Kuier- mense, wat dink julle is die belangriks­te les wat jong meisies oor vrouwees geleer moet word?

Om skoon en netjies op jouself te wees. Dit help nie jy dra make-up en trek mooi aan, maar stink nie. My ouma het altyd gesê bo blink, maar onder stink, werk nie. ’n Vrou moet na haarself kyk, want ’n man doen dit nie. MARIETJIE ROOS

Om ’n vrou te wees, is om baie sterk te wees, maak nie saak wat die lewe na jou kant toe gooi nie. Om lief te lê, te vergewe en nie moed te verloor nie. Stel altyd jou ouers eerste. Wys altyd jou emosies en reik uit na ander, maar terselfder­tyd om sterk te kan wees en spreekwoor­delike houe te vat as dit nodig is. Staan jou huweliksma­at by te midde van enorme finansiële druk en armoede. MARIA FRYER

Ek sê altyd vir my tienerdogt­er, moet nooit vergeet waarvandaa­n jy kom nie. Om altyd respek vir jouself en ander te hê. Wees sterk en hou by jou standpunt. Dis goed om mense eerste te stel, maar in vandag se lewe stel jouself altyd eerste. Dinge begin by jou – maak die beste van ’n slegte saak, maar probeer – aanhouer wen. Om die lig te wees vir ander in ’n donker wêreld. God eerste, die res volg. CINDY KOTZE

Wees lief vir jouself; tevrede met hoe jy lyk, want jy is uniek gemaak deur God. Respekteer jouself; live life to the fullest; travel (as lockdown eendag ophou); studeer; wees content in elke situasie, want dit is wanneer God jou meer en meer sal gee. ANGELIQUE DE VRIES JOSEPHS

Moenie“Cinderella”-sindroom hê en wag vir ’n prins op ’n wit perd om jou te red nie. Neem verantwoor­delikheid vir jou eie lewe. Raak bekwaam, werk, reis, sit jou eie huis op dan sal jy anders kies in ’n lewensmaat. MARTAMICHELLE BLOEM

Moenie afhanklik wees van jou man nie. Wees afhanklik van God. Beoefen jou eie beroep. Moenie toelaat dat jou pyn/seer wat jy opgedoen het jou karakter word nie. Jy het dalk ’n mislukte huwelik/verhouding gehad, maar jy is nie ’n mislukking nie. Wees lief vir jouself. Dress up. Moenie ’n ander vrou afbreek nie. Moenie jaloers wees op ’n ander vrou se sukses nie. Luister

oordeelkun­dig na advies. DORATHY CEDRAS

Gee jouself die beste education. Verryk jouself in die lewe, help jou ouers en het respek en doen jou beste totdat God hulle kom haal sodat verwyte jou nie besoedel nie. En laaste, moenie toelaat dat jou skoonma op jou trap of minderwaar­dig laat voel nie. CINDY DAVIDSE MOSES

Wees die heldin in jou verhaal. Moenie in ’n verhouding gaan omdat jy jou lewe wil ontvlug nie. Bou aan jou eie toekoms; staan op jou eie voete en vir my die belangriks­te – wees lief vir jouself. THERESA LEONI DENTON

Wees eerste vir jouself lief. Wees confident in wie jy is, maak nie saak wat die verlede sê nie. Ons almal maak foute. Wat is my volgende regte skuif in die lewe? GAIL MARTIN

As jy vir niemand van’ n re lat i ons hip mag vertel nie, is dit nie die regte tyd om saam met die persoon te wees nie. JOLENE PEENS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa