Kuier

Wenke watwerk

Hier is wenke vir hoe om jou sleutelbor­d rég skoon te maak, taai vleis sag te laat kook, ontslae te raak van eelte en raad vir hoe om griep te takel wanneer dit jou beetpak.

-

ANTWOORD

Keyboards raak vinnig stowwerig en vuil en dis moeilik om tussen die klein spasies skoon te maak. Met so baie mense wat nou van die huis af werk en higiëne wat so belangrik is, kan dit nogal ’n groot gemors raak.

Benodighed­e: ’n Stofsuier, skoon nozzle of doppie van ’n spuitbotte­l (soos dié van ’n tamatiesou­s-squeezy-bottel) en Sellotape. Metode:

Pas die spuitbotte­ldoppie oor die stofsuier se pyp. •

Maak dit stewig vas met die sellotape. • Maak seker jou rekenaar is af en uitgeprop by die muur. •

Stofsuig die keyboard met jou nuwe, mini-stofsuier. So maklik soos dit! BRON: SuzelleDIY: The book (Human & Rosseau)

WENK GESOEK

Ek haat dit om aartappels af te skil, maar noudat dit winter is, wil my gesin net stew hê. Is daar dalk ’n makliker manier om aartappels te skil? ELSABELLA BOUWMAN, KRAAIFONTE­IN

ANTWOORD

Maak só om ’n einde aan jou geskillery te sit: Wat jy nodig het: •

Aartappels •

Groot kastrol •

Groot bak • Ysblokkies •

Water • Knyptang of gaatjiesle­pel Metode: •

Maak ’n kastrol vol water en bring dit tot kookpunt op die stoof. •

Was die aartappels en sit dit in die kokende water. Laat dit kook tot sag – so tussen 15 tot 30 minute (afhangende van die grootte). •

Berei intussen ’n ysbad voor vir die aartappels. Maak ’n bak amper halfvol met ysblokkies en vul dan op met yskoue water. Los ’n klein spasie tussen die watervlak en die bak se rand sodat dit nie oorloop as jy die aartappels insit nie. •

Wanneer die aartappels gaar is, haal dit uit die kookwater en sit dit onmiddelli­k in die ysbak. Los dit daar vir minstens drie minute. •

Gebruik nou die knyptang of lepel om die aartappels uit te haal en glip die velletjies af met jou duime.

BRON: https://bit.ly/3fUeai6

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa