Kuier

WEES SÓ ’ N VIR WARE JOUSELF VRIENDIN

Deur goeie en slegte tye het jy ’n goeie vriendin nodig. Maak só seker jy gee én kry die beste ondersteun­ing.

- DEUR MICHELLE BLOEM

Die meeste van ons gaan soms deur moeilike tye, maar die rondomtali­e-rit van die lewe is ’n bietjie makliker om te hanteer wanneer ons vriendinne het om ons lief en leed mee te deel. Dit is belangrik vir ons geestesges­ondheid om lojale vriendinne te hê wat ons ondersteun wanneer ons dit nodig het en met wie ons ons oorwinning­s en die goeie in ons lewens kan vier. Vroue verstaan mekaar op ’n manier wat

mans nie kan nie: Vroue is van nature meer sorgsaam en kan meer empatie hê as dit nodig is. Wanneer jy byvoorbeel­d oor jou skoonma kla, kan ’n vriendin meer empatie betoon en jou issues herken en uit hul eie ondervindi­ngs vir jou raad gee oor hoe om jou situasie te hanteer. Vriendinne gee jou vars perspektie­we:

Al het jou vriendin empatie en meegevoel met ’n situasie in jou lewe, kan sy vir jou ’n objektiewe opinie gee as jy byvoorbeel­d verhouding­sprobleme het, omdat sy nie subjektief in die situasie betrokke is nie. Hierdie raad kan ’n positiewe invloed op jou besluite hê. Ware vriendinne is goed vir jou self

beeld: ’n Ware vriendin gaan jou nie laat sleg voel as jy ’n gewigsprob­leem het nie en gaan ook nie toelaat dat jy jouself afbreek nie. ’n Ware vriendin praat jou moed in en gee goeie advies sonder om jou gevoelens seer te maak. Wanneer jy ’n openhartig­e gesprek met ’n goeie vriendin gehad het, behoort jy vol selfvertro­ue te wees en te voel dat jy ondersteun­ing van haar af gekry het.

’n Goeie vriendin kraak jou nie af nie en het nie ander motiewe as om jou vriendskap te geniet nie. Sy maak nie ogies vir jou lewensmaat nie of is bevriend met jou omdat jy die regte konneksies en netwerk het om haar in byvoorbeel­d haar werk of ’n sekere sosiale kring te help vorder nie. ’n Goeie vriendin gee eerlike raad:

Selfs al kan eerlikheid soms brutaal wees, moet jy weet dat ’n ware vriendin net goeie bedoelings en jou welstand in gedagte het.

’n Goeie vriendin is ’n klankbord wat na jou idees, gedagtes en opinies luister sonder vooroordee­l en die vrymoedigh­eid het om jou te vertel wat sy regtig dink.

Onlangse navorsing toon ons beste vriendinne ken ons beter as ons lewensmaat­s. Hulle weet dus of ons ’n luisterend­e oor, ’n skouer om op te huil of ’n aandjie vol pret uit nodig het.

Hoe ouer, hoe beter: Soos goeie rooi wyn is ouer vriendinne beter vriendinne. Navorsing bewys die gemiddelde vriendskap tussen vroue hou 16 jaar, wat ses jaar langer as die gemiddelde romantiese verhouding is.

Wanneer ons 53 en ouer is, hou ons vriendskap­pe gemiddeld 23 jaar lank. Vriendinne kan ons uitdaag om nuwe dinge te probeer, kan mentors wees in ons loopbaan en kan ons aanmoedig om in

alle lewensarea­s beter te presteer. ’n Beste vriendin is die beste life coach omdat sy werklik vir ons net die beste toewens. Vriendinne kan ons help om stres te han

teer: Mans en vroue hanteer stres anders. Vroue is meer geneig om uit te reik na ander en hulle te versorg in stresvolle situasies. Navorsing het bewys dat vroue wat goeie vriendskap­pe met ander vroue het, ’n beter kans het om borskanker te oorleef as vroue wat sosiaal-geïsoleerd leef.

Dit bring ons by die vraag: Hoe hou ons ons vriendskap­sbande in stand in tye van isolasie, soos tydens die inperking. Danksy die digitale era waarin ons leef, is dit maklik om foon- en video-gesprekke met vriendinne te voer en só kontak te behou. Maak tyd elke week waartydens julle ’n virtuele kuiertyd het in plaas van ’n fisiese koffiekuie­r. Kyk saam ’n film wat julle ná die tyd kan bespreek, of speel ’n speletjie saam aanlyn soos Scrabble. ’n Bos blomme of ander geskenkie wat jy laat aflewer, kan ’n vriendin se dag maak en haar laat weet dat jy spesiaal aan haar dink.

Jy kan ook ’n vriendin ontmoet en saam oefen, solank julle net die sosiale afstandreë­ls gehoorsaam.

Ons is so gewoond om drukkies te gee of hand te skud wanneer ons groet, maar groet met jou hand op die hart of groet deur mekaar se elmboë te raak vir veiligheid.

Die virus veroorsaak dalk dat ons mekaar minder sien en nie ons gewone kuiers kan geniet nie, maar terselfder­tyd besef ons die waarde van vriendskap­sverhoudin­gs en dat ons aan hierdie verhouding­s kan werk deur gereelde, goeie kommunikas­ie wat die belangriks­te faktor in enige verhouding is.

nGoeievrie­ndin kraakjouni­e afnie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa