Kuier

KuierCares: Ons reik uit na behoeftige­s

Die nood is groot en KuierCares het in samewerkin­g met ander rolspelers skenkings gemaak om die las ’n bietjie ligter vir ons land se vroue te maak. DEUR Marteli Brewis

-

Die Saartjie Baartman Centre for Women and Children (SBCWC), in Manenberg op die Kaapse Vlakte ondersteun onverpoos mishandeld­e vroue en kinders op verskeie maniere. Hulle het onder andere 24uurkrisi­sbystand beskikbaar, bied ’n veilige hawe vir die slagoffers om uit die kloue van geweld te ontsnap, verskaf regsbystan­d en maak voorsienin­g vir opleiding om werksvaard­ighede te ontwikkel.

Die area waar dit gebaseer is, het baie hoë misdaadsyf­ers en word geteister deur bendegewel­d, werklooshe­id, substance abuse en grootskaal­se huishoudel­ike mishandeli­ng.

Met Kuier se besoek aan SBCWC, waar ons Kuier omgee-pakkies in samewerkin­g met essence se Cosmetix, Maq Waspoeier en Loving Touch razors vir die vroue en kinders afgelewer het, het ons gehoor daar was onlangs ’n groot brand en nou is daar ook ’n enorme gat in die dak. Hoewel befondsing maar knap is op ’n goeie dag glo hulle alles sal oukei wees en sorg die SBCWC-span sonder om te aarsel dat die vroue wat hul hulp nodig het, steeds veilig versorg word.

Lucinda Evans van Lavender Hill in die Kaap is al ’n bekende gesig in Kuier as gemeenskap­sengel en ook vir haar omvattende werk as aktivis vir geslag s gebaseerde gewel den alles wat verkeer dis met die wêreld.

Sedert 27 Maart 2020, met die aanvang van lockdown het Lucinda en haar span ook ses sopkombuis­e begin bedryf wat meer as 3 000 mense per dag voed in armoede-geteisterd­e gebiede soos Rondevlei en Southern Hills en ander omliggende areas waar die nood baie groot is. Baie van hierdie mense het hul werk verloor as gevolg van die impak van die Covid-19-pandemie.

Volgens die span is daar nooit eens ’n krieseltji­e kos oor na afloop van ’n maaltyd nie. Hulle lewer ook kos af by oumense wat nie self kan kom haal nie. Op hierdie stadium het hulle net genoeg befondsing om op Maandae, Woensdae en Vrydae kos te skep, maar hoop om dit binnekort daagliks te kan doen. KuierCares, in samewerkin­g met Some Thyme Fresh Produce het kos en groente aan Lucinda en haar span oorhandig om hul taak ’n bietjie te vergemakli­k.

 ??  ?? HOOFFOTO: Camille Mathee, Yoram Segall, Greg Philander, Gary Lee Lategan, Busiswe Fente staan by die skenking aan Lucinda en haar span.
HOOFFOTO: Camille Mathee, Yoram Segall, Greg Philander, Gary Lee Lategan, Busiswe Fente staan by die skenking aan Lucinda en haar span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa