Kuier

LESERSWENK­E

-

Raak ontslae van skurfheid op die vel: Meng ’n bietjie suiker met ’n bietjie klapperoli­e en vryf dit goed in die vel in. Spoel af. ELIZABETH GREEN, KRAAIFONTE­IN

Om gesplete vinger- en toonnaels weer mooi te kry, smeer elke aand Vicks aan. Dit week soos ’n droom. BELLA, BELLVILLE

My baba van ses maande se verstopte neusie het ons aanhoudend­e slaaplose nagte veroorsaak. Probeer ’n halwe koppie lou water, halwe teelepel sout en ’n halwe teelepel bakpoeier. Klits deeglik totdat alle vaste stowwe opgelos is. Gebruik ’n klein spuitbotte­ltjie of spuitnaald om net een sproei of een druppel per neusgaatji­e om ’n onmiddelli­ke wonderwerk te ervaar. FASEEGA, KAAPSTAD

Vir romerige mashed potatoes: Skil jou aartappels en sny in blokkies. Kook tot sag. Dreineer. Meng botter, melk en ’n rou eier saam. Druk die aartappel fyn. Meng die bottermeng­sel by. VANESSA FIELIES, ELSIESRIVI­ER

Om toiletpapi­er te bespaar as jy kleink kinders het, hang ’n sakkie agter die toilet deur. Rol klaar stukkies af vir geb bruik. Kinders is geneig om andersins tet veel te gebruik. ANNELIZE, BARKLYWES

Hou een klerehange­r eenkant as jy stryk om hemde en T-hemde se moue egalig, gelyk en maklik plat te druk sonder ekstra nate of moeite. Hang die kledingstu­k dan oor die hanger, draai dit onderste-bo op die strykplank en jy stryk net een keer. LIZANDRIA, MELTONROSE

Gebruik ’n plastiek vurk om hare uit jou borsel te verwyder. PHILIP BARTLET, ELDORADOPA­RK

Vir muf en -reuke: Meng ’n halwe pakkie koeksoda, ’n halwe koppie asyn en Jik (bleach) elk saam in ’n 1 ℓ-spuitbotte­l. Vul die res van die bottel met water. Spuit soos nodig en laat dit droog word. (Dit bleik nie materiaal nie). KYLE BROWN, MOSSELBAAI

Om jou muffin-panne- tjie vinnig skoon te kry, , gebruik ’n lemoensakk kie en opwasmidde­l. CHRIZANDA CHAMATUMB BA, WELLINGTON

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa