Kuier

BOODSKAPPE

-

Hallo, ek is Sunay. My ma, Hester Simons, woonagtig in Kraaifonte­in (Kaapstad) is verslaaf aan jul tydskrif. Letterlik. Sy kan iets oorkom as sy nie haar tydskrif kry nie en onthou my altyd dat ek een moet koop. Sy hou elke uitgawe vir die rate en sy is die go-to-antie vir rate vir enigiets lol. Dan sal sy krap tussen haar boeke, want sy is seker daar is iets vir als in. Ek wil graag hê dat julle die boodskap moet plaas asseblief. Ek glo dit sal haar ’n bietjie opbeur. Sy het haar oudste seun, my broer, afgestaan aan die dood weens ’n hartaanval.

SUNAY

Dr. Marlene le Roux ( Gelukkig getroud, 3 Februarie) is werklik ’n inspirasie vir ons almal. Niks stuit haar om haar doel in die lewe te bereik nie. En boonop is sy by soveel projekte betrokke. Ek wens haar en haar man alle liefde en seën toe.

RITA

Ek’t gelees van Natasha Booise ( Koelbloedi­g geskiet, 3 Februarie). Ai, wat ’n hartseer wat daardie familie moet trotseer. My hart breek vir haar seun. Die ma is dood. Die Here moet ons land se kinders genees en heelmaak van die tragedies wat hulle moet beleef. Dankie, Kuier. Ek’s elke dag dankbaar vir lewe en gesondheid, ’n familie en bid vir hulle wat sulke hartseer moet deurgaan.

VENECIA JANTJIES, GQEBERHA

Hi, my Kuier- mense. Ek moet sê die kortverhaa­l (’ n Engel in my huis, 3 Februarie) het my teruggevat na toe ek en my man destyds ontmoet het. Ek was baie huiwerig om hom te sê dat ek twee kinders het, maar toe ek hom uiteindeli­k sê, was sy antwoord: I’ll take you farm and all.”Hy het my gehelp om hulle groot te maak. Niks was vir hom te veel of te ver nie. Hy is al pa wat hulle ken. Hulle noem hom pa.

DOREEN FEBRUARY

Ek is so verheug dat Ronald Brown gesond is en weer rugby kan speel ( Rugby sý redding, 17 Februarie). I salute you, young man. Mag God jou spaar om nog vir baie, baie jare lekker rugby te speel. Dankie Kuier vir Ronald se storie, dit laat ’n mens moed skep.

ELIZABETH HOPLEY, MACASSAR

Ek lees die lewensdram­a van 17 Februarie ( Vroeg en sonder penis gebore).

Ek het nog nooit in die Here getwyfel nie. Mammie, die Here is met julle. Jy gee my nog meer moed om aan te gaan. Ek bid vir julle dat God julle sal versterk. God bless. MURIEL, MACASSAR

Hallo, Kuier. Weet julle, dit is altyd ’n genotvolle gevoel om die nuutste Kuier- uitgawe (in hierdie geval 3 Februarie se uitgawe) by my naaste supermark te koop. Soms word dit laat afgelewer dan voel ek baie af. ANONIEM

Net ’n boodskap uit die diepte van my hart en ’n ongeloofli­ke dankbaarhe­id vir ’n mens soos Ernusta. Elke woord wat jy uiter, glo my, kom van ons Hemelse Vader af. Jou passie vir mense, jou alles. Ek eer God vir jou en bid net seëninge, gesondheid en sterkte op jou en jou werk af. Baie liefde. MATILDA

Baiedankie­vir’n varseninsi­ggewende tydskrif.DieKuier is’n lekkertyds­krifomte lees.Baiegeluke­nbou sóvoort! MERVIN

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa