Kuier

HALLO MY KUIER MENSE,

-

Die meeste van ons het iewiewers in die afgelope twee jaar weens die pandemie en gevolglike inperkings ’n bietjie gestruikel. Daar kom tye dat selfs die positiefst­e mense moedverloo­r se vlakte moet gaan besoek. Dis in daardie donker tye wanneer die omstandigh­ede buite ons beheer is dat ons soms moed elders moet gaan skep.

As dít is waar jy jou vandag bevind, is hierdie uitgawe net wat jy nodig het om weer ’n bietjie die gemoed te lig. Dit is vol aangrypend­e stories van mense wat deur die donker van hul omstandigh­ede gedruk het om uiteindeli­k by die lig uit te kom. Ons geestelike boodskap gee die toon aan deur ons daaraan te herinner dat wonderwerk­e ’n werklikhei­d is, maar nie altyd kom in die vorm of op die tyd wat ons dit soek nie. Lees net Cecilia Jacquire se storie (bladsy 10) as jy dit nie glo nie, want dis beslis danksy geloof dat sy kanker en Covid-19 geklop het!

Sania Sonnekus se aangrypend­e storie (bladsy 14) gaan Kuier- ma’s beslis aan hul harte ruk, want net ’n ma sal die hartverske­urende keuse verstaan waarmee sy gekonfront­eer is. Ons bid saam met haar en haar gesin dat ons in Augustus blye nuus met julle kan deel. Jong mense wat ’n verskil in hul gemeenskap­pe wil maak, is altyd baie inspireren­d en ons nuwe Mej. SA is beslis een van hulle. Dit lyk nie of haar jaar met die kroon maklik gaan wees nie, maar Lalela is vasbeslote om die geleenthei­d aan te gryp.

Die storie oor slapeloosh­eid het my letterlik laat regop sit. Ek sukkel al ’n groot deel van my lewe met insomnia, maar dis vir my duidelik dat ek slegter slaap sedert Covid-19 ons getref het. Lees beslis dié storie as jy ook sukkel om deesdae te slaap.

Tot volgende keer,

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa