Kuier

Wenke watwerk

Hier is wenke vir hoe om ontslae te raak van weeluise, en pee-reuke in jou matte, jou huisplante te voed en raad vir merke op mure.

-

ANTWOORD

Om gereeld jou beddegoed te was, is die eerste stap om klaar te speel met weeluise, maar daar is ander goed wat jy kan doen om seker te maak hulle weet hulle is onwelkom.

1. Stofsuig álles – van jou meubels tot jou matrasse, gordyne, bokse, rakke en matte.

2. Was items op die hoogste temperatuu­r wat jou wasmasjien toelaat. Vries items wat nie gewas kan word nie vir minstens 24 uur en skud dan die dooie goggas en eiers uit.

3. Steam clean groot items soos jou matras en meubels op die hoogste stelling.

4. Strooi boraks oor jou matras en los vir 24 uur op. Jy kan ook boraks by jou wasgoed gooi as daar baie goggas is.

5. Sprinkel tea tree-olie oor jou matras en meubels. Dit sal hulle nie doodmaak nie, maar hulle hou nie van die reuk nie. Lavender- en peperment-olie sal ook werk.

Bron: https://dengarden.com/pest-control/home-remedies-for-bed-bugs

WENK GESOEK

Ek wil graag weet hoe haal jy stink piepie-reuk van honde uit volvloerma­tte. DUIFIE MULLER, KRIEL

ANTWOORD

Vir matte, banke en ander areas wat nie in die masjien gewas kan word nie, probeer die volgende:

• Koeksoda neutralise­er reuke. Sprinkel dit op die klam area. Jy kan dit selfs op ’n ou piepie-kol gebruik. Vryf die poeier saggies in. Laat staan oornag en stofsuig die volgende dag.

• As dit steeds stink, meng helfte witasyn helfte water in ’n spuitbotte­l en spuit dit op die kol. Vryf dit in en gebruik papierhand­doeke om dit droog te dep. Sprinkel weer koeksoda op en stofsuig ná 30 minute.

• Herhaal die proses tot jy tevrede is.

Bron: https://bit.ly/3uT8eQv

LESERSWENK­E

As die oë nie meer goed is nie en jy wil ’n resep of die klein skrif op die winkelpakk­ies sien, neem ’n foto en vergroot die foto op die foon. Siedaar nou kan jy alles mooi sien. MELINDA, SPRINGS

As jy sukkel met ’n pot wat lelik aangebrand het, laat staan dit in die son. Die aanbrandse­ls sal maklik afkom. MONTIESHA MAKKA, HOPEFIELD

Om messe skerp te maak, draai koffiekopp­ies om en maak dit skerp op die rand van die koppie. CATHY SCHENCK, SPRINGS

Maak jou huisplante nat met water waarin jy pasta, eiers of aartappels gekook het. Die water bevat voedingsto­wwe. SANDRA DANIELS, BISHOP LAVIS

Om die skil van ’n oorryp tamatie af te kry, plaas dit in ’n bak met warm water en los dit vir ’n minuut, haal uit en trek die skil af. MARY WILLIAMS, HUMANSDORP

Sny hardgekook­te eiers deur met ’n mes wat in koue water gedoop is om te keer dat die geel breek. JEANETTE DE BEER, VREDENDAL

Om nie gebyt te raak deur vlooie of muskiete nie, drink elke dag twee knoffelhui­sies soos jy ’n pil sal drink. Dit veg ook teen kieme in jou liggaam. MARGARET BESTER, VREDENBURG

Skil aartappels, sny dit in wedges en spoel dit lekker af. Gooi ’n bietjie spice of sout oor en sit dit in ’n plastieksa­k in die microwave vir so vyf minute op high. Wanneer dit klaar is, is dit lekker sag (nie pap nie). Sit dit dan by jou hoender in die pan of braai dit in ’n pan in ’n bietjie olie tot lekker crispy. Dit smaak lekker en bespaar baie tyd. CHARMAINE BURGHESS, BISHOP LAVIS

Om die reuk van uie uit jou hande te kry, meng ’n bietjie koeksoda en asyn en vryf jou hande goed daarmee. Dit exfoliate sommer jou hande en die reuk is weg. DEBBIE SWEETLAND, ELDORADO PARK

As jy patats wil vries en wit wil hou, skil en sit dit in soutwater. Haal dit uit en vries dit. BARBARA DE JAGER, KLEINFONTE­IN

Moenie koeldrankp­roppies weggooi nie. Jy kan dit gebruik vir kinderkarr­etjies se wieletjies en om te tel by die kleutersko­ol. ELIZABETH CORDIER, KROONSTAD

Om van muggies ontslae te raak, sit ’n piesangski­l in ’n bakkie met ’n bietjie water en sit dit voor ’n oop venster of deur. ELAINE SENEKAL, KIMBERLEY

MERKE OP MURE

My gang se mure was vol geteken. Ek het moeg geword van skuur en skoonmaak. Ek het gewag tot my middelkind (die kunstenaar) groot genoeg was, toe verf ons almal saam die mure. My grootste spyt was dat ek nooit foto’s geneem het nie. My beste raad is: stres minder en geniet hul kindertyd! ABEDAH DAVIDS

Hou altyd wetwipes byderhand vir hul handjies. Ek leer my kleindogte­r van vier om gereeld handjies te was. Die merke teen die mure maak ons maar skoon met Handy Andy-lappies of selfs grime remover. JASON VELDSMAN

Frame dit! Kunswerk duisend . . . JOHANNA ALEXANDER

Handy Andy, water en handsanite­erder gemeng. Vee die mure met ’n spons af. Dit werk regtig. ANNEEDA SACCOPEKEUR

Ek was die mure met ’n mop, warm water en pine gel. LEATITIA STEYN

Ek het haar die eerste keer die muur self laat skoonmaak. Nooit weer was die mure vol vatmerke nie, want sy weet sy sal moet afwas! MARY VAN ROOYEN

Seep en water verrig wonders. SUZETTE ROBERTS

Verf mure met olieverf dan is dit maklik om net af te vee. MARGARET ROSSOUW

Om wet wipes langer nat te hou, sit dit in die vrieskas. Dit is ook lekker koel in die somerweer. ANNMARY JACOBS, KUILSRIVIE­R

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa