Kuier

BLAARSLAAI­WRAPS MET SNOEK EN MANGO-EN-KIWI-SALSA

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

Snoek

800 g vars of bevrore snoek (ontdooi indien bevrore), oopgevlek

Sout en gemaalde swartpeper

6 eetlepels botter

3 mollige knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap

1 rooi brandrissi­e, pitjies en naatjies verwyder en fyngekap

½ koppie fyn appelkoosk­onfyt

¼ koppie hoenderaft­reksel

Sap van 1 suurlemoen

Mango-en-kiwi-salsa

1 mango, geskil en van die pit af in blokkies gesny 1 kiwi, geskil en in blokkies gesny

1 klein rooiui, fyngekap

2 eetlepels vars koljander, fyngekap 2 eetlepels vars lemmetjies­ap

Sout en gemaalde swartpeper na smaak Samestelli­ng

2 koppe botterblaa­rslaai (butterhead lettuce) 3 radyse (radishes), in skyfies gesny 1 avokado, geskil en in skyfies gesny

METODE

Snoek: Sit die snoek met sy velkant na onder op die rooster van ’n oondrooste­rpan. Geur met sout en peper. Smelt die botter in ’n potjie en voeg die knoffel, brandrissi­e, appelkoosk­onfyt, aftreksel en suurlemoen­sap by. Bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir 5 minute prut. Verf die mengsel rojaal oor die snoek. Sit dit in ’n voorverhit­te oond van 180 °C vir 20 – 25 minute. Bedruip gereeld met die bottermeng­sel. Sodra die snoek afgekoel het, verwyder die vel en grate en vlok dit. Terwyl die snoek in die oond braai, kan jy die salsa maak.

Salsa: Meng al die bestanddel­e in ’n kleinerige glasbakkie en hou eenkant. Samestelli­ng: Maak die blare los van die blaarslaai­koppe en pak dit op ’n mooi opdienbord. Skep ’n hopie snoek op elke blaar, garneer dit met ’n skeppie salsa en pak die radys- en avokadosky­we bo-op.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa