Kuier

VRA DR. PATRICIA

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Enigiemand kan sooibrand of“suur” kry. Dis egter meer algemeen by swanger vroue, oorgewig mense en rokers.

Konserwati­ewe of self-help-maatreëls is die doeltreffe­ndste, maar ook die moeilikste en verg dissipline en uithouverm­oë. Probeer die volgende vir verligting:

’n Gesonde leefstyl, matige of geen alkoholgeb­ruik en geen rook bring beslis verligting.

Vermy vetterige kosse wat moeilik verteer word en kan lei tot sooibrand.

Vermy ook snellerkos­se wat suur kan aanbring soos sjokolade, tamatiesou­s, speserye, gaskoeldra­nk en suurvormen­de vrugte. ’n Mens kom gou genoeg agter wat jou suur aanbring.

Water help met kosverteri­ng en ook om sooibrand teen te werk deur die suur terug te spoel na jou maag.

Skud ten minste 4 tot 5 kg af as jy oorgewig is en vermy stywe klere, veral om jou middellyf.

Eet vyf tot ses kleiner maaltye. Moenie drie uur voor slaaptyd eet nie.

Lig die koppenent van jou bed met 10 tot 15 cm.

Om te buk om iets op te tel, kan ook terugvloei van suur veroorsaak.

Lê snags meer op jou linkersy, want dit is dan moeiliker vir maagsuur om na jou slukderm te gly.

Vermy Grandpa-poeier, Disprin en antiinflam­matoriese medikasie soos Brufen, Voltaren en Indocid indien moontlik. Moenie kroniese medikasie staak alvorens jy dit met jou dokter bespreek het nie.

Vind maniere om te ontspan wat vir jou lekker is omdat angs en spanning bydra tot swak spysverter­ing en kan lei tot suur. Medikasie wat werk in volgorde van toenemende doeltreffe­ndheid:

Teensuurmi­ddels neutralise­er die suur en irritasie van die slukderm. Tums, Rennie, Gaviscon, Maalox is effektief vir kort periodes. Dis verkrygbaa­r sonder ’n voorskrif.

Histamien-H2-blockers soos Cimetidine (Zantac, Tagamet) verminder suurproduk­sie en werk beter en langer as teensuurmi­ddels.

Protonpomp-inhibeerde­rs (PPI’s)word deur dokters voorgeskry­f en verminder ook die produksie van maagsuur. Dis die doeltreffe­ndste en moet elke dag op ’n leë maag gedrink word. Voorbeelde: Omeprazole, Lansoprazo­le, Pantoprazo­le.

As die simptome nie heeltemal opklaar nie, kan die PPI-dosis verdeel word in ’n oggend- en aanddosis of verhoog word. Nog medikasie kan bygevoeg word.

Besoek ’n dokter dringend as jy moeilik sluk, pyn ervaar as jy sluk of as dit voel asof jy teen iets sluk. Die dokter sal besluit of verdere toetse gedoen moet word, en of sterker medikasie eers probeer moet word.

In die publieke sektor is die stelsel oorweldig met die aanvraag vir spesiale ondersoeke (om die kamera te sluk) vir sooibrand. Dit word gevolglik geprioriti­seer in orde van dringendhe­id en gevaarsimp­tome. Daar word ook geëvalueer of konserwati­ewe maatreëls gevolg is.

Daar is ’n wanperseps­ie dat om die kamera te sluk die antwoord is vir sooibrand, maar dit is eintlik net om die diagnose te bevestig en moontlike ander oorsake uit te skakel. Leefstylaa­npassings met gepaardgaa­nde medikasie, indien nodig, is die goue standaard vir die behandelin­g van sooibrand of suur.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa