Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

Mense moet minder kla, meer hul werk waardeer en hulself en hul kollegas respekteer. Só kan hulle vorentoe beweeg. deur Charnay Dietricks

-

Ek is ’n baie hardwerken­de vrou en iets wat ek al tot dusver opgetel het, was baie mense bid vir werk, maar dan is hulle ontevrede met die werk wat hulle kry of doen nie hul beste nie. Dit maak nie saak hoe jy bid nie. God weet alreeds wat jy nodig het. So wanneer jy gebid het, moet jy glo dat dit gaan gebeur. En jy moet die werk waardeer wanneer jy dit uiteindeli­k kry. Hoekom sal jy ontevrede wil wees met die werk wat jy gekry het ná die lang gewag?

Hoekom raak ons as mens soms verwaand? Werk is werk en ons word getoets om te kyk of ons wel tevrede gaan wees. Nou kry jy werk en sê jy kan nie wag om te pay nie.“Ons gaan weer party die naweek”, maar dan hoor jy niks van wat te kort kom by die huis nie. Of jou werkgewer vra wie bereid is om laat te werk. Dan spoel jy eerste jou mond uit:“Nee! Ek het planne aan”of“Ek moet my kind gaan haal by die skool”. Of net eenvoudig:“Nee”. Maar dan verwag jy jy moet nog ’n kontrak teken of permanent aangestel word.

Kyk hier, dan kla jy oor die tipe werk wat jy moet doen, of jy is sommer honger of moeg en vol moods, yoh! Gee my krag elke dag. Negatiewe energies is aansteekli­k.

Dis Covid-19  wave ná wave  en ek is uitgestres in my binneste oor wat gaan van ons land word, ons kinders se opvoeding en om kos elke dag op die tafel te sit, jy weet. Dan kom kry jy jou kollegas sit en staan rond en is heeltyd op hul phones.

Wat het geword van eers jou werk doen en vra of daar niks anders is om te doen nie? En dán kan jy dalk sit en staan soos jy lus het.

Moet ons dan geleerd wees om werketiket te het? Of wat is besig om te gebeur met ons mense? Dit gaan glad nie oor waarvandaa­n jy kom nie. En wag, dan is daar nog die manier hoe ons met mekaar praat. Oh my word, waar kom hierdie soort kommunikas­ie vandaan? It’s all about our way of thinking. Dis wat ek geleer het tydens ’n werkswinke­l oor business en events management.

Dit tipe werk wat jy doen, waar jy werk en hoeveel jy verdien, maak nie saak nie. Die reality is werk is werk en ons moet kos op die tafel sit vir ons families. Deur my ondervindi­ng van werk en min verdien, het ek besef dit is jou mindset wat moet verander. Deur positief te dink en positiewe energie uit te stuur, lok gewoonlik goeie en die regte mense na jou toe.

Moenie eens praat van respek nie. Wat het geword van om respekvol te wees teenoor jou werk, werksmense en jouself? Jou rol wat jy speel in jou span is belangrik anders sou jy nie daar gewees het nie.

Sê vir jouself welgedaan. Sê vir jouself jy is goed genoeg. Werk aan jouself. Ondersoek jouself in hierdie tyd wat ons almal deur dieselfde uitdagings, druk, pyn en stres gaan. Dalk sal jy dan meer respek kry vir jouself en goed meer waardeer.

My vorige baas was ’n baie bedagsame baas en vrou. Sy het altyd e-posse gestuur na die takke waarvoor sy verantwoor­delik was. Vroeg die oggend wag daar ’n positiewe e-pos vir die staff. Dis om jou dag op te helder en om jou mindset te verander. Die laaste e-pos van haar sê: lees ’n nuwe boek. Maak elke jaar tyd om jou kennis te verbeter en werk dalk aan jou spraak. Doen ’n kortkursus. Toon belangstel­ling daarin om iets nuuts by die werk te leer in ’n afdeling wat jy nie van kennis dra nie. Só raak jy nie betrokke by goed wat nie opbouend is vir jou nie.

Voordat enigiemand tyd maak om in jou te invest, moet jy as ’n individual self tyd vat om in jouself te invest. Dit sluit in om dankbaar te wees vir jou werk en om mooi daarna te kyk.

Ruk jouself reg en verander jou denkwyse en jou vriendekri­ng (as hulle nie goed is vir jou nie), dink en praat positief en aanvaar wat jy nie kan verander nie, maar moenie gaan lê nie. Hou op rondom jou kyk wie wat doen en fokus op jou rol wat jy moet speel, want dis ook belangrik. Hou asseblief op met kla en dinge ongemaklik maak vir jou mense by die werk. Soms is ’n mens se werk jou safe haven, maar dan moet jy nog met moods en ander mense se issues by die werk deal omdat hulle nie dankbaar en tevrede is nie.

Baie mense bid vir werk, maar dan is hulle ontevrede met die werk wat hulle kry of doen nie hulbesteni­e.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa