Kuier

BOODSKAPPE

-

Ja, ons is alweer in beurtkrag nou soek ek maar my Kuiers uit van die laaste paar weke en lees weer alles wat ek miskien gemis het. So gaan die tyd verby en ek mis nie een Kuier nie. Dankie vir ’n puik tydskrif, my loadsheddi­ng-tydskrif. Dankie julle. KLEINTJIE DU TOIT

Ek wil kommentaar lewer oor die verhaal van Sania en Pierre (Swanger en in groot gevaar, 3 Maart). Eerstens, God is getrou. Dit is hartverske­urend en ’n mens wens dit vir niemand toe nie. Ek is dertig en het in Januarie ’n miskraam gehad op ses weke. Ek sal altyd bly wonder of dit ’n meisie of seun sou wees en hoe die babatjie sou groei en hoe dinge sou wees. Hul verhaal het my baie diep getref en met trane in my oë gelos. SERALINE SNYDERS, TULBAGH

Ek geniet altyd die Kuier en luister ook na jul geselsprog­ram. Stuur vir my ’n kwart stukkie van jul wisdom. Ek het dit nodig op hierdie tyd. Groete.

ANONIEM

Ek reageer op die brief van mev. R. Ward (Kuierhoeki­e, 17 Februarie) en voeg ook my stem by hare. Baie van ons het nie DStv nie en mis gevolglik uit op die programme ( Op Seer se Spoor en Vermis) waarvan sy praat. Ons sal dit vreeslik waardeer as ons dit ook op een van die genoemde kanale kan sien. Vra is mos vry en Kuier bied ons die spreekbuis! Ek geniet Kuier baie en lees alles; vul ook die blokkiesra­aisels in en doen ook die woordsoek. Dankie. FREDA, KEIMOES

Die artikel oor Chad Louw (Hy lei met liefde, 3 Maart) het weereens bewys dat die omstandigh­ede waaronder jy gebore word of waarin jy grootword, nie jou kans op sukses later in die lewe hoef te belemmer nie. En kyk waar is hy nou – ’n burgemeest­er op slegs 24-jarige ouderdom! Ons jong mense kan leer by jou. ANONIEM

Aneshia Gysman van Wyngaardt (Sukses ná swaarkry, 3 Maart), jy laat my trane rol van hartseer vir jou part én trots. Ek dink nie ons besef aldag die leemte wat dit laat wanneer ’n kind om een of ander rede sonder hul ouers grootword nie. Maar dank die Hemelse Vader vir jou ouma, oupa, tannie en uncle wat jou onder hul vlerk geneem het. ANONIEM

Dankie vir die artikel van ons Mej. Suid-Afrika, Lalela Mswane (Tuis op die troon, 3 Maart). Ons Mej. Suid-Afrikas, veral die afgelope paar jaar, het bewys hulle is veel meer as mooi gesiggies met bikini-lyfies. Intelligen­sie en om die kroon tot voordeel van jou medemens te gebruik, maak eintlik saak. ANONIEM

Ek het gedog ek is al mens wat saans so sukkel om te slaap! Daarom het ek vasgesteek by die artikel oor insomnia (Sukkel jy om te slaap?, 3 Maart). Ek kan nie nou dokters bekostig nie, maar gaan solank die slaapwenke in die artikel volg. Dankie, Kuier. SLAPELOOS, WESKAAP

Ekglouitmy­hart uitsysaloo­rleefendat sy’ngesondeba­basal huistoenee­m(Swanger eningrootg­evaar, 3Maart).

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa