Kuier

HALLO MY KUIER MENSE,

-

Toe ek destyds my loopbaan by die Afrikaanse koerante begin het, het ek nie besef hoe verslaaf ek nog aan die nuus sou raak nie. Destyds het nuus mos eerste in die koerante gebreek, maar toe kom CNN en maak dat jy 24 uur elke dag brekende nuus kan kyk. Vandag het ons die internet en sosiale media, so jy word letterlik oordonder deur nuus. Maar dié verslawing kan baie nadelig wees.

Maak nie saak hoe hardgebak jy is nie, die herhalende tonele en verhale van menslike suffering vat aan jou en kan jou selfs depressief maak. Daarom dat ek oor die jare algaande minder nuus gekyk het.

Maar toe Covid-19 die wêreld tref, kon ek nie my honger keer om by te bly nie. Sedertdien bly CNN altyd iewers in die agtergrond aan sodat ek tog net niks moet mis nie. En net toe ek dink dis tyd om weer ’n bietjie af te skaal, breek oorlog uit. Nou kyk ek weer skeel, met een oog op CNN en die ander op ons ekonomie, want ek weet dis waar die oorlog Suid-Afrikaners die seerste gaan slaan en die pyn van stygende pryse het maar pas vir ons begin . . .

Maar genoeg oor pyn, in hierdie uitgawe wys ons hoe ’n positiewe uitkyk en deursettin­gsvermoë jou deur die moeilikste dae kan dra. Die aktrise Simone Biscombe vertel hoe haar positiwite­it haar help om haar insecuriti­es stil te maak en mean girls op hul plek te sit.

Daar is nie woorde vir al die trauma wat Rochelle Bouwers (bladsy 14) as agtjarige meisie moes deurgaan nie, maar ten spyte van al die terugslae wat haar getref het, wys sy dit is tog moontlik om jou pad deur die pyn te vind en gelukkig te wees.

En die beste nuus vir laaste! Ons Moedersdag­fuksie is uiteindeli­k vanjaar terug nadat Covid-19 ons buite aksie gehou het. Lees al die besonderhe­de op bladsy 18. Tot volgende keer,

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa