Kuier

KYK NET HIER!

Hier is die jongste aanbieding­s van ons adverteerd­ers – van nuwe produkte tot winskopies.

-

DISIS DEKADENT

Bliss-jogurt van Clover is ’n heerlike dik, romerige bederfie. Kies uit die luukse variëteite Red Velvet, Lemon Meringue, Plain, Strawberry & Cream, Chocolate Chip, Black Forest en Hazelnut. Bliss-jogurt is beskikbaar by alle toonaangew­ende kleinhande­laars.

Die jogurt kom voor in 175 g-bakkies vir ’n peuselhapp­ie op ’n drafstap, asook in bakkies van 500 g en 1 kg om te deel.

CATWOMAN EDITION

Police het THE BATMAN-versamelin­g bekendgest­el. Dit sluit in vier unieke horlosies – net 10 000 is wêreldwyd vervaardig. Dit is geïnspiree­r deur elemente van die splinternu­we rolprent. Die versamelin­g lewer ’n kragtige stylstelli­ng en kom in ’n spesiaal ontwerpte boks, met ’n Green Letterkoev­ert – erkenning aan die een wat in die fliek gebruik word. Besoek policelife­style.co.za vir nog inligting.

VARSSTE VARS MELK

Clover Fresh Milk is in volroom- en laevetvari­ëteite in 2 L-, 1 L-, 500 ml- en 250 ml-groottehou­ers beskikbaar. Dit is die enigste vars melk wat die Triple Protect-seël dra en bied jou die smaaklikst­e, varsste en voedsaamst­e melk. Kies Clover Fresh Milk wanneer jy lus is vir ’n glas yskoue melk of wil koffie voorsit met die varsste melk wat jy kan kry – Clover stel nie teleur nie! Die melk is te koop by alle kleinhande­laars landwyd.

PROBEER JY JOU EETDRANGE BEHEER?

Jou bloedsuike­rvlakke kan jou gewigsverl­ies beïnvloed. Probeer die nuwe Herbex Blood Sugar Balance-tablette, spesiaal saamgestel met Gymnema sylvestre en chroom om gesonde bloedsuike­rvlakke te help handhaaf, suikerabso­rpsie in die ingewande te blokkeer en eetdrange te verminder. Dit is ’n maand se voorraad om eetdrange te beheer – en jou gewigsverl­iesreis te ondersteun! Beskikbaar by Clicks en Dis-Chem.

ONTSPAN IN STYL

Geniet meer tyd in die buitelug met die Terrace Leisure Dario Outdoor Collection. Dit het ’n slanke, moderne ontwerp in ’n kontraster­ende kleurpalet vir ’n stylvolle buiteluger­varing. Dit is gemaak van stewige aluminium, hars en rottang, en dit sal alle weerstoest­ande, reën of sonskyn, weerstaan sonder om gemak in te boet. Beskikbaar by Makro vanaf R10 999. Besoek makro.co.za vir nog inligting.

HAAL DIE WAG UIT GEWIGSVERL­IES

CLA Fat Burners help met die bou van soepel spiertonus en bevat ’n termogenie­se vetverbran­dingsformu­le.

Die Fat Blockers help jou om kilogramme af te skud en vetabsorps­ie met die vetbinding­sformule te voorkom. Kontak GM Pharmaceut­icals (Edms.) Bpk. by 031-332-8411 of besoek www.gmpharm.co.za. Beskikbaar by Dis-Chem en uitgesoekt­e apteke, of koop nou by takealot.com.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa