Kuier

BOODSKAPPE

-

My hart huil saam met die gesinne wat hierdeur (Gru-moorde ruk stil dorpie, 17 Maart) geraak is, veral die moeder en ouma. Haar hart is sekerlik gebreek. Wie kan jy vertrou? Niemand, niemand, niemand. A. SMITH

Annemique en Almique (Gru-moorde ruk stil dorpie, 17 Maart). Ek het my pa op die ouderdom van 25 verloor. Ek is nou 35 en dis nooit maklik nie. Ek het steeds baie vrae en pyn. Mag God hierdie ouers wat hul dogter en kleinkind so wreed verloor het, versterk. Aan haar man en seun, en broer ek bid vir julle almal. God slaap nie. Mag jul rose sag rus. NADINE SABOR

Derek Hendriks (Wat die hart van vol is, 31 Maart), jy’s 100% korrek! Ek het al my “fair share” gehad van dié soort mense en het steeds, maar ek’s wyser.

CRYSTAL, PAARL

Dankie vir die Kuier. Weer goeie leesgenot. ANONIEM

Wanneer ek Kay se brief in die uitgawe van 17 Maart lees, waar sy onder meer melding maak van die pandemie wat nie meer hoofnuus is nie en die oorlog in Oekraïne, dink ek: Ja, ons Suid-Afrikaners bly in die land van melk en heuning in vergelykin­g met baie ander lande. Hoeveel lande se ekonomie herstel? Hoeveel het geen water, kos of elektrisit­eit nie? Mense is meer bekommerd oor hoe duur meel, sonneblomo­lie, ensovoorts sal kos in die toekoms. Wat het geword van simpatie en empatie? In ’n oorlog is daar altyd onskuldige lewens wat geneem word! Kan ons asseblief van ons eie klein persoonlik­e probleme vergeet en ons plig doen deur naastelief­de te toon deur ons gebede? Duisende het geliefdes verloor en ook hulle wonings! God sal ons gebede verhoor. VALERIE PAPA, OUDTSHOORN

Sunay se brief oor haar ma (3 Maart) laat my sommer aan my eie ma dink. Lol. Sy kan omkeer as sy nie haar Kuier kry nie en bêre hulle sorgvuldig weg. As julle haar net kan mention, asseblief, sal dit so ’n nice surprise vir haar wees. Mariam Moodien en my broertjie, die laatlammet­jie, Shiraj, is netso ’n groot fan.

RIEHANA

Dankie, Kuier, vir die wonderlike tydskrif. Ek is ’n getroue leser vir solank as wat Kuier op die rakke is. Ek’t soveel daaruit geleer en ek sit vandag nog met al my tydskrifte. Ek het soveel vriende voorgestel en soveel mense al rate gegee. Ek geniet dit met my hele gesin.

PAULENE SYSTER, EERSTERIVI­ER

Ek haal my hoed af vir die ouers van Amoré (Ons Lesers Vertel . . ., 17 Maart). Hulle hou vas aan hul geloof. Mag ons Vader julle altyd bystaan. Moet nooit ophou bid nie. Amoré is voorwaar ’n vegter wat nie opgee nie. Alle sterkte vorentoe. HAZEL, BOKSBURG

Ek sê bravo vir die skrywer van Wat die hart van vol is in die uitgawe van 3 Maart. Ek bid dat jou werkgewer sal raaksien wat jy doen en beteken vir die maatskappy en dat jy nog baie hoër hoogtes sal bereik. Met so ’n positiewe gesindheid verdien jy dit dubbel en dwars. Mag jy altyd geseënd wees in jou werk. Ons land het meer mense soos jy nodig. ANONIEM, WORCESTER

Goeiedag, Kuier. Die storie (As honde byt . . ., 17 Maart) het my hart aangegryp. Dis lewensgeva­arlik as mense sulke kwaai honde so laat los hardloop of nie hul honde op hul erwe hou en seker maak dat die honde vas is nie. Sterkte vir daardie dame. Ek vertrou sy herstel gou. As die skade gedoen is dan is daar nie ’n manier hoe dit reggestel kan word nie. Honde-liefhebber­s moet baie versigtig wees met hul honde. Dankie, Kuier!

VENECIA JANTJIES, GQEBERHA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa