Kuier

ONS LESERS Vertel...

Met liefde en ’n glimlag op haar gesig dien hierdie antie van Grabouw minderbevo­orregte mense én diere in haar gemeenskap.

-

Die wêreld is in chaos gedompel en mense trek swaar sedert die aanvang van die pandemie, nogtans is daar mense wat selfsugtig voortploet­er. Maar as jy met antie Isabel Bailey (58) van Grabouw in die Wes-Kaap gesels, besef jy dis daar is wel nog mense soos sy wie se ubuntu-gees in hul gemeenskap floreer.

As jy vir antie Isabel vra waar haar medemensli­kheid vandaan kom, laat sy jou mooi verstaan dis nie iets wat sy moes aanleer nie; inteendeel, dis één van haar vele ingebore eienskappe. Maar om beter te verstaan hoe sy haar roeping gevolg het om mense en selfs diere te serve, vat sy jou terug na waar dit alles begin het . . .

“My ouers was baie streng. Hulle het ook baie omgegee vir ander mense. Ek onthou in my kinderjare het my ma graag kos uitgedeel vir minderbevo­orregtes en my pa, wat toe ’n taxi-bestuurder was, het baiekeer gery en gehelp om die kos vir mense uit te deel.”Dít is ’n bevestigin­g dat haar omgee-hart te danke is aan die voorbeeld wat haar ouers vir haar gestel het.

“Op 19 het ek begin om mense te serve en van daar af het ek nooit teruggekyk nie, want ek kon doodeenvou­dig net nie toekyk hoe vulnerable mense niemand het wat vir hulle as ’n spreekbuis dien nie.”

Deur haar passie vir gemeenskap­swerk befonds en bestuur sy dikwels self die verskillen­de projekte waarby sy betrokke is. Oor die jare dra sy gereeld haar eie koskaste leeg vir mense wat desperaat is in hul soeke na iets om te eet, sonder borge wat haar finansieel ondersteun. En toe die Covid-19-pandemie baie mense in haar gemeenskap honger, werkloos en op moedverloo­r se vlakte laat, het sy die inisiatief geneem om by ’n sopkombuis aan te sluit om honger mense in haar gemeenskap te voed.“Ek het elke dag omtrent een kilometer gestap om 60 liter sop by die sopkombuis te gaan haal om dit hier in my gemeenskap uit te deel,”vertel sy.

“Party dae het ek jong manne langs die pad raakgeloop en hulle R20 getip om die sop te dra, want dit was swaar. Maar ek het dit gedoen, want mense was honger omdat hulle hul werke verloor het. Sommiges was op medikasie. En jy kan nie jou medikasie op ’n leë maag drink nie,” beklemtoon sy.

Antie Isabel het ook ’n groot liefde vir honde. As sy daaroor praat, raak sy baie opgewonde. In samewerkin­g met die veearts op Grabouw, gee sy vir die honde in haar gemeenskap kos en sy was hulle ook self.“Ek werk al 17 jaar saam met honde, daarom weet enige hond hulle kan my vertrou. As mense in die gemeenskap na my sopkombuis toe kom, kom die honde saam, want hulle weet hulle gaan ook iets te ete kry en sommer ook gewas word.”

In 2020 het sy ’n toekenning van

St. Michael’s Primary School op Grabouw ontvang vir haar gemeenskap­swerk.

Hierdie alfa-vrou se hande staan vir niks verkeerd nie, en hoewel sy in die skoene van haar ouers loop, trap antie Isabel haar eie spore diep in ander se harte. Maar as jy haar vra wanneer sy gaan rus dan sê sy:“Solank as wat die Here vir my krag gee, sal ek nooit ophou om my medemens te help nie daarom bid ek elke dag vir krag, wysheid en gesondheid, want die dag as ek mense moet wegwys by my huis omdat ek hulle nie kan help nie, sal ek in trane uitbars en ek huil nie graag nie.”

Antie Isabel glo as jy mense en diere met liefde, deernis en respek behandel, gaan hulle jou ook op dieselfde manier behandel. – JOSHWIN SAMPSON

Solank as wat die Here vir my krag gee, sal ek nooit ophou om my medemens te help nie daarom bid ek elke dag vir krag.

 ?? ?? Antie Isabel wys haar gemeenskap­swerktoeke­nning.
Sy was die honde in haar gemeenskap.
Antie Isabel wys haar gemeenskap­swerktoeke­nning. Sy was die honde in haar gemeenskap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa