Kuier

LESERSWENK­E

-

Wanneer jy ’n nagereg maak met vlapoeier of mielieblom (Maizena), meng eers die suiker met die poeier voordat jy dit met koue melk meng. Dit verhoed dat klonte vorm en verseker ’n gladde tekstuur.

RIA LUDICK, LIMPOPO

As jy ’n groot klomp wortels geskil moet kry, kry ’n nuwe potskuurde­r (die goue soort),vou dit om die wortel, gee so twee of drie stewige trekke in die lengte. SALLY MITCHELL, KLIPSPRUITWES

As jy per ongeluk jou vinger in ’n kar se deur vasgeslaan het, is die pyn baie seer. Neem ’n houer met koue water, gooi ysblokkies by en plaas jou vinger daarin tot jy nie meer die pyn voel nie. Dit het vir my gehelp. ZELDA MACLEAN, GQEBERHA

Frommel koerantpap­ier op in balle en plaas dit onder jou charcoal briquettes en steek dit aan die brand as jy nie firelighte­rs het nie. KLAUS OELLRICH, REEBOK

As iemand reënwater het, kook dit eers en hou dit koel in die yskas om te gebruik. Dis skoon en lekkerder om te drink en is veilig. ELIZABETH CORDIER, KROONSTAD

Vars groenbone kan somtyds tyd vat om skoon te maak en voor te berei. Ek neem sommer ’n hand vol bone en knip die

punte af met my kombuisskê­r en binne ’n oomblik is al die bone gereed vir die pot. HEATHER KLINCK, FLORIDA

Sukkel jy om jou stort skoon te maak? Maak dit onmiddelli­k skoon ná elke stort deur ’n ou handdoek te gebruik terwyl die teëls en die glasdeur nog nat is. Vryf eers die glasdeur droog, daarna die teëls en laastens die voer. Silwerskoo­n sonder enige skoonmaakm­iddels, geen taaiheid of aanpaksels nie. Indien jou handdoek te nat is, kan jy ’n ander lap gebruik, maar die handdoek gee uitstekend­e resultate! VALERIE PAPA, OUDTSHOORN

Die arm weergawe van muesli: Gebruik plain yoghurt en Nutrific. Dit smaak net soos die duur make.

ROELLIEN JOHNSON, MITCHELLS PLAIN

Vir jou baba wat leer eet: Plak bruinpapie­r of ’n vullissak vas onder die high chair vir vinnige en maklike skoonmaak ná die tyd. JOLEE LUDICK, STELLENBOS­CH

Meng een potjie Vaseline Intensive Care Aloe Vera (400 ml), 10 Grandpa-poeiers en 50 ml glycerine goed saam totdat die poeier opgelos is. Dit help vir skurwe hande, voete en ook jou lyf. Smeer dit ook aan wintervoet­e en -hande wat bars. Dit help ook vir brandwonde, snye en artritis. PETRO BUYS, WITBANK

Sprinkel ’n bietjie sout oor k knoffelhui­sies voor jy dit opkap om te e voorkom dat dit aan die kapbord vassit.

SANDRA DANIELS, BISHOP LAVISL

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa