Kuier

CHOCOLATE MOUSSE TRIFLE

Genoeg vir 8

-

BESTANDDEL­E

Mousse

600 ml vars room

400 g donkersjok­olade 1 teelepel kitskoffie

2 teelepels vanilla essence 4 eetlepels strooisuik­er (castor sugar)

Koek

1 koppie kookwater

½ koppie kakao

½ koppie kookolie

1 teelepel vanilla essence 2 koppies koekmeel 3 teelepels bakpoeier ’n Knippie sout

1½ koppies strooisuik­er

3 eiers

Samestelli­ng

½ koppie (of meer as jy wil) Amarula-likeur/sjerrie/sjokoladem­elk (Steri Stumpie)

1 koppie room Sjokolade-eiertjies vir versiering

METODE

Mousse: Verhit die helfte van die room oor lae hitte tot net voor kookpunt. Breek die sjokolade in stukkies. Roer die sjokolade en koffiepoei­er by en laat staan tot die sjokolade gesmelt is. Roer tot glad en laat koel af tot kamertempe­ratuur. Klits die res van die room, vanilla essence en strooisuik­er saam tot styf. Vou die afgekoelde sjokoladem­engsel versigtig by die room en verkoel tot benodig.

Koek: Spuit 2 ronde koekpanne met baksproei en voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die kookwater, kakao, kookolie en vanilla essence saam en laat koel dit effens af. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam in ’n aparte bak. Klits die strooisuik­er en eiers tot lig. Voeg die kakaomengs­el by die eiermengse­l en vou dit dan by die meelmengse­l in. Verdeel die beslag tussen die 2 koekpanne. Bak by 180 °C vir 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal die koeke uit die oond, laat dit vir ’n paar minute afkoel en keer dit dan uit op ’n draadrakki­e om heeltemal af te koel. Samestelli­ng: Gebruik ’n bak wat dieselfde grootte is as jou panne. Halveer elke koek om twee lae te maak. Sit een laag in die bak. Sprinkel likeur/sjerrie/sjokoladem­elk oor. Smeer ’n laag mousse oor. Herhaal en eindig met ’n laag mousse. Jy kan ’n laag room in die middel sit as jy wil. Klits die room en versier die trifle met die room en sjokolade-eiertjies.

WENK: Gebruik gegeurde sjokolade (soos peppermint) in die mousse.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa