Kuier

DIE RECOVERING OPBOTTELEN­DE ONTPLOFFER

-

Sy het agtergekom dat die manier hoe sy nog altyd gestry het, haar nie meer dien nie, sê die joernalist­iekdosent Abigail Isaacs (44) van Milnerton in die Kaap. Sy bottel haar gevoelens op tot dit onuithoudb­aar word en dan laat waai sy.“Dis dan asof ’n bom ontplof het, en my wederhelf weet glad nie waar die gevoelens vandaan kom nie.”Hoekom doen sy dit?“Ek hou glad nie van konfrontas­ie nie, want daar was nooit oop konfrontas­ie in my ouerhuis nie. Natuurlik het my ouers dan en wan gestry, maar dit was die uitsonderi­ng. Daar was meestal hierdie passive-aggressive vibes wanneer hulle nie lekker was met mekaar nie. En dis wat ek geken het en toe ook in my verhouding­s ingeneem het.”

Haar manier van stry is nie juis die ideale konflikhan­tering nie.“Dis hoekom ek sê dat ek nog in recovery is. My man hou ook maar baie dinge opgebottel, maar vergeleke met my, is hy meer in touch met sy gevoelens, en hy roer dan die onderwerp aan nog lank voor sy emosies breekpunt bereik.”Aanvanklik, meen Abigail, het beide se manier van konflikhan­tering, nogal skade aan hul verhouding berokken. En, nou, ná meer as veertien jaar saam begin die twee stadig, maar seker mekaar beter leer ken. Hulle het ook uiteindeli­k besef dat die manier hoe dinge in die verlede hanteer is, eintlik meer skade gedoen het.“Ons probeer om beter met mekaar om te gaan, maar dis nie altyd maklik nie. Want ’n mens keer so vinnig terug na default veral as jy moeg, oorwerk of bloot net lui is om die nodige werk te doen.”

Hoe voel haar maat wanneer sy uit die bloute ontplof?“Natuurlik is hy dan sommer op sy agterpote, want ek is die een wat op die aanval is. Maar ek voel soms baie verlig omdat ek uiteindeli­k daardie opgebottel­de emosies kon uitlaat. Maar die verligting is van korte duur, want dan bevind ek my in ’n emosionele warzone. Ons albei is goed om die foute van die ander een uit te wys, maar baie sleg om ons eie fout te eien. Ek het ook nie in my ouerhuis enigiemand sien of hoor verskoning vra nie en moes dit as ’n volwassene aanleer, wat op sigself ’n pynlike ervaring is. Ek en my man is darem nou ’n bietjie beter as voorheen met die konflikhan­tering, maar daar is nog baie ruimte vir verbeterin­g.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa