Kuier

INVLOEDE OP HOE JY STRY

-

Sydene Cloete is ’n transperso­onlike en verhouding­safrigter v en meen dat mense die d wêreld binnekom as wesens wat vreugde v en onvoorwaar­delike liefde wil gee g en ontvang.“Ons word dan geleer om o voorwaarde­lik lief te hê en liefgehê te word w deur die mense rondom ons. Stellings soos:‘Dit maak Mammie se hart baie seer as jy . . .’of ‘Pappa sal baie bly wees as jy j .. .’klink dalk onskuldig, maar as ons dit herhaaldel­ik sê om kinders te oorreed om na ons te luister, leer ons hulle dat hulle verantwoor­delik v is vir ons emosies.”

Wanneer ons as grootmense in verhoud dings tree, bring elkeen hul kinderwond­e daarmee d saam, verduideli­k Sydene.“Vrees vir v verwerping, oorsensiti­ef vir hard praat, oorywerig o om te behaag, aandagbehe­p, selfsug, manipulasi­e en elke ander manier van v hoe ons aandag en aanvaardin­g as kind ervaar het. Daar is mure wat gebou is rondom elke seer, rondom elke verwerping, want daar is nie aan die verwagting voldoen v nie.”

Volgens Sydene het ons almal manlike en vroulike energie binne ons en die liefde-energie wissel tussen die twee. Die manlike energie (mind-ego) kom meer na vore in jy moet/jy sal/hoe durf jy?!/ek verwag. Die vroulike energie (heart-ego) voel gou kwaad/ontevrede en werk meer vanaf die gekneusde ego: Hoe kon jy? Hoekom moes jy my seermaak? (voorbeelde).

“As individue moet ons hierdie energie binne onsself balanseer. As die ego’s teen mekaar te staan kom in ’n argument dan veg hulle met een doel voor oë: om hul ego te beskerm. Sulke argumente kan baie lelik handuit ruk. Manlike en vroulike energie in ons is altyd vloeiend. Soms lei ons, soms volg ons en soms loop ons parallel afhangend van die geestesges­ondheid en emosionele welstand van die individue.”

Sydene meen die grootste geheim vir ’n gesonde huwelik is om mekaar se lewenspaai­e te respekteer en ’n middeweg te vind.“Die manier wat ons geleer het om lief te hê en liefgehê te word, bepaal ook ons liefdestal­e. Die geheim tot vervulling sal dus wees om mekaar se liefdestal­e te leer ken. Die balans van ’n goeie verhouding is om sterk tog weerbaar te wees in liefde en dit af te pleister met vertroue en respek. Om steeds broos te wees in die wete dat die ander mens jou kan seermaak, maar tog te vertrou dat hulle dit nie doen nie. En, om terselfder­tyd sterk genoeg te wees om te weet dat, al val die dobbelstee­n hoe, jy oukei sal wees.’’ *Haidee is ’n RSG-omroeper en regisseur.

Die balans van ’n goeie verhouding is om sterk tog weerbaar te wees in liefde en dit af te pleister met vertroue en respek.

SYDENE CLOETE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa