Kuier

WAT IS JUL DOEL?

-

’ n Groot deel (omtrent 67%) van ds. André Boezak se pastoraat by die VGK Oudtshoorn bestaan daaruit om tussen huweliksma­ats te bemiddel. En hy sê daar is legio maniere hoe egpare stry. Volgens ds. Boezak kan enige vorm van konflik onherstelb­are skade of letsels veroorsaak indien die d partye nié mekaar se persoonlik­hede ken of verstaan nie. Hy sê maniere van stry hang af van drie vername dinge: persoonlik­heid, karakter en opvoedings­vlak. En, ten t diepste lê die mees bepalende: die emosionele e band of liefde. Selfs al klink dit dalk d vir baie na ’n“cliché”kan dit inderdaad die d deurslag gee, sê ds. Boezak

Dít is wat ds. Boezak al in sy beroep ervaar e het:

1. As beide“rofstoeier­s”is.

“Dit maak eintlik mediasie makliker. Beide partye‘speel’volgens dieselfde reëls. By tye moes ek al‘fisies’ingryp en die vegtendes soos ’n skeidsregt­er uitmekaart­rek. In my ervaring e is die eintlike kwessie wat gesê en gehoor g moet word. Beide partye weet dus wat w die saak is wat die onmin veroorsaak. In 34 jaar het ek al gesien hoe die‘veglust tiges’se huwelike baie langer en sterker word w – mits die emosionele of liefdesban­d daar is. Ek het al agterna beleef hoe die ‘stoeiers’mekaar goedig terg oor hul geveg.”

2. Dis die hoe en nie die wat nie.

“Hier lê ’n groter probleem. Die manier van stry word later die probleem en nie die probleem self nie – ek het al baie die woorde gehoor:‘Dis nie wat jy sê nie, maar hoe’. My ervaring het my geleer dat ’n ontploffer se beswaar/seer/kommer duidelik verwoord word. Ten minste hoor ’n mens dit. Stilstuipe is ’n ernstiger kwessie. Die een party loop dus soms vir jare met diepliggen­de kwessies rond sonder om daaroor te praat. Dit kan die ander party later tot die punt dryf waar daar oor niks gepraat word nie. Stilbly is nie noodwendig ’n goeie antwoord nie, dit sê baie meer – maar word nie gehoor nie. My ervaring is dat hierdie situasies waar die manier waarop iets gesê die seerste maak, meer skade aanrig en kan lei tot totale verbrokkel­ing van die verhouding, maar ook van beide persone. Om enige konflik te ontlont, moet partye gehoor word. En as dit nie gebeur nie, moet ’n profession­ele persoon betrek word. Weereens, elke keer móét die onderligge­nde emosies van liefde die grondslag wees.” 3. Passiewe aggressie

Dis seker een van die dodelikste wapens, meen ds. Boezak.“Dit lê op dieselfde vlak as die ontploffer. Die emosionele letsels van passiewe aggressie is altyd diep en blywend. Die een party kan later enige stilte as kwaad beleef. Familie van my wat hogere Engels is, stry sonder passie. Heel stywe bolip! Soms lag ons daaroor omdat ons dit sien as‘changing of the guards’. Heel stil en ordelik. Terwyl ander familie weer mekaar met kastrolle en panne bydam. Die bepalende faktor met albei dié style is wat die grondslag is. Is dit liefde of om mekaar te vernietig? Om na mekaar te groei en die persoonlik­hede te beleef of met die uitsluitli­ke doel om te wen? Afhangend van die doel, maak die manier van stry dan nie eintlik saak nie.”

Die oplossing is om eers mekaar se persoonlik­hede te leer ken, meen ds. Boezak.

“Om werklik te weet daar word verskil sonder om te geskil. Die stry het ten doel om mekaar weer te vind. Twee mense met uiteenlope­nde persoonlik­hede kan stry met die uitsluitli­ke doel om mekaar te wil hê en vind. Maar as dit nie die grondslag is nie, kan ’n motief van oorheersin­g maklik baie skade aanrig.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa