Kuier

DOEN HENNA-KUNS BY DIE HUI IS

-

Dis die beste om jou henna-lyfkuns vir spesiale geleenthed­e soos Eid of jou troue deur ’n pro te l aa doen, maar niks keer jou om self te probeer nie!

Kies die area en jou ontwerp

Henna-kuns werk die beste op jou voete en hand de – plekke waar daar bevogtigde en dik vel is. Daar is baie ontwerpe om van te kies. Google of YouTube e ’n paar of koop ’n boek waarin jy stap-vir-stapaanwys­ings kry en selfs voor die tyd in kan oefen. .

Berei jou vel voor

Dit is belangrik dat jou vel skoon is daar waar jy d ie henna-kuns wil doen. Exfoliate jou vel ’n paar dae e voor die tyd met ’n growwe stof soos koffie, sout of suiker. Was die area met water en seep kort voor die henna aangewend word. Jy kan dit ook met ’n bietjie rubbing alcohol vryf om middels soos lotion en Vaseline heeltemal af te vee. Maak seker jou vel is so droog moontlik voor daar begin word.

Meng en wend die henna aan

Jy kan die pakkies henna-poeier koop en self in ’n pasta maak volgens die instruksie­s op die verpakking (so dik soos tandepasta) of henna cones (pasta) koop. Die cones het ’n tuitjie wat jy kan gebruik vir netjiese aanwending. Teken die henna-ontwerp versigtig op jou skoon hande en/of voete. Hou dit aan vir ten minste 2 uur, maar 12 of meer uur is ideaal. Moenie die henna met water afwas nie. Smeer dit eers met ’n suurlemoen-suiker-mengsel. Meng 1 eetlepel suurlemoen­sap en 1 teelepel suiker (pas aan vir die hoeveelhei­d wat jy nodig het). Die mengsel maak dat die henna beter aan jou vel heg en dus langer hou.

Nasorg

Die henna-kuns hou gewoonlik twee tot drie weke, maar dit kan verskil afhangend van die henna se gehalte en hoe gereeld jy die area was. Beskerm jou henna deur gereeld coconut-olie, olyfolie, shea butter of cocoa butter aan te wend. Vermy Vaseline, chlorine en scrubs.

 ?? ?? Nature’s Choice se coconut-olie, R169,95, Dis-Chem.
Earth Products se henna-poeier, R65, faithful-to-nature.co.za.
Pryse onderhewig aan veranderin­g.
Nature’s Choice se coconut-olie, R169,95, Dis-Chem. Earth Products se henna-poeier, R65, faithful-to-nature.co.za. Pryse onderhewig aan veranderin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa