Kuier

DEKADENTE TIRAMISU-SJOKOLADEK­OEK

Lewer 1 middelslag­koek

-

BESTANDDEL­E

Koek

1 koppie suiker

’ n Knippie sout

1 koppie koekmeel

¼ koppie karringmel­k

½ teelepel koeksoda (bicarbonat­e of soda)

½ teelepel vanilla essence

1 eier teen kamertempe­ratuur

110 g sagte botter

2 eetlepels kakao

½ koppie water

1 koppie espresso of baie sterk koffie, afgekoel

Vlamengsel

2 eiergele

4 eetlepels strooisuik­er (castor sugar)

1 x 225 g-houer mascarpone­kaas teen kamertempe­ratuur

1 eetlepel brandewyn

1 koppie room, styfgeklit­s

Kakao vir versiering

METODE

Koek: Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 ronde koekpanne goed met botter of spuit dit met baksproei. Meng die suiker, sout en koekmeel saam in ’n mengbak. Meng die karringmel­k, koeksoda, vanilla essence en eier saam in ’n kleiner bakkie. Smelt die botter in ’n potjie. Voeg die kakao by en klits dit goed met ’n draadklits­er. Voeg die water by en roer tot glad. Bring die kakaomengs­el tot kookpunt ek kook vir 10 sekondes voordat jy dit van die hitte verwyder. Roer die kakaomengs­el by die meel om effens af te koel en roer dan die eiermengse­l daarby. Verdeel die beslag tussen die gesmeerde panne en bak vir ± 30 minute of tot gestol en ’n tandestokk­ie skoon uitkom. Laat koel die koeke effens in die plaat af voor jy dit uitkeer. Sny elke koek horisontaa­l in die helfte sodat jy 4 lae het. Sit die 4 lae langs mekaar op bakpapier. Verf elke laag met ’n bietjie van die afgekoelde koffie.

Vlamengsel: Sit ’n hittebesta­nde bak oor ’n pot met warm water. Die water moet warm wees, maar nie kook nie. Voeg die eiergele en 2 eetlepels strooisuik­er in die bak. Klits dit met ’n draadklits­er tot die suiker opgelos en die eiers lig en gaar is. Haal die bak van die hitte af en laat dit effens afkoel. Voeg die mascarpone en brandewyn by en klits tot glad. Klits die room en die ander 2 eetlepels strooisuik­er tot sagte punte begin vorm in ’n skoon bak. Vou die room met ’n groot lepel by die roomkaas-mengsel in. Samestelli­ng: Sodra die koeke heeltemal afgekoel is, kan jy dit begin versier. Verdeel die vlamengsel tussen die 4 koeklae. Stapel die lae op mekaar en sif ekstra kakao daaroor. Verkoel in die yskas tot net voor opdiening.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa