ONS LESERS vertel...
Deur alles in haar lewe, insluitend haar seldsame siekte, is haar pa aan haar sy. En dít sal sy vir niks verruil nie.
Pa-wees kan nie aldag in woorde omskryf word nie. Maar wanneer dit wel in ’n neutedop opgesom word, lê dit nie in mooi woorde nie, maar in die oneindige liefde wat ’n pa vir sy kroos het, wat duidelik deur sy dade gesien kan word. Dis presies hoe Helen-Rose van Wyk (26) haar pa, Christopher (65), beskryf.
Helen-Rose is van Upington in die Noord-Kaap. Sy is die jongste van drie kinders in die Van Wyk-huis. Sy beskryf haarself as iemand wat ’n baie oop en sterk persoonlikheid het. Helen-Rose vertel ook sy is met sterk Christelike beginsels grootgemaak. Maar haar geloof was dikwels getoets toe sy op die brose ouderdom van agt met Tuberose Sclerosis, ’n seldsame siekte, gediagnoseer is. Dis ’n siekte wat veroorsaak dat gewasse op verskillende organe soos die brein, niere, hart en op die vel groei.
“My gewasse is op my gesig, my lyf en onder my vinger- en toonnaels. Dit laat my baie selfbewus voel. Soveel so dat ek baie weinig oop skoene dra. Op skool was ek daaroor geboelie en wou elke dag make-up dra om die groot rooi vlek op my gesig weg te steek, maar dit was teen die skoolreëls,”vertel sy.
Tog het dit haar nie teruggehou om voluit te lewe en haar drome na te jaag nie. Sy is vandag ’n gekwalifiseerde onderwyser en gee skool by ’n privaat skool op Kathu (ook in die Noord-Kaap).
Een van die algemeenste simptome van Tuberose Sclerosis is epilepsie. In 2018 het Helen-Rose haar eerste epileptiese toeval gekry omdat die gewasse op dele van haar brein begin groei het. Volgens Helen-Rose is die gewasse gelukkig nie kwaadaardig nie.
“Ek onthou dit soos gister. Ek het gaan slaap en het later in die middel van die nag wakker geskrik, omring met my gewese boyfriend en sy familie. Almal was só geskok, want niemand het dit verwag nie.”
Toe haar ouers die oggend uitvind, was haar ma, Eveline, in die kerk en haar a besig om skottelgoed te was dadelik in sy kar spring en Ka om by my te wees, maar my voice of reason en het beslui eers aanhang totdat hulle nu verduidelik sy. Haar ouers he dag gebel om in te check.
Helen-Rose en haar pa het hegte verhouding. Hoewel s word, vra sy steeds by hom r sy ’n groot besluit moet nee baar dat ek ’n verhouding m hê, veral omdat daar baie kin smag na die verhouding wat is ook dankbaar dat hy my k weer op die regte pad te loo ek die pad byster raak.”
Christopher het die volgende oor vaderskap te sê:“My kinders is my alles. Dis immers elke ouer se droom om vir hul kinders die beste te gee, veral as jy as kind nie die beste gehad het nie. En as jy in die Bybel kyk, is daar baie verwysings na die liefde tussen ’n ouer en ’n kind. Kyk maar na die verhaal van die verlore seun.”
Christopher is dankbaar dat Helen-Rose en sy ander twee kinders selfstandig genoeg is om op hul eie bene te staan. Want dit gee hom daardie gemoedsrus om te weet hulle kan vir hulself sorg.
Helen-Rose se toestand het haar nie net as kind geaffekteer nie, maar ook as volwassene. Maar sy het besluit om haar “anders-wees”te embrace en om minder make-up te dra omdat haar pa haar van ’n jong ouderdom geleer het sy is beeldskoon en uniek. –
Ek is dankbaar dat ek ’n verhouding met my pa kan hê, veral omdat daar baie kinders is wat smag na die verhouding wat ons het.