Kuier

Wenke WAT WERK ANTWOORD

-

ANTWOORD

Gebruik ’n riffelmes om ’n pool noodle in stukke te sny. Gebruik eerder ’n utility knife om dit in die lengte te sny.

1. As jy ’n emmer moet volmaak wat nie onder die kraan inpas nie, sit die emmer op die vloer. Glip die pool noodle (een met ’n holte reg deur in die middel) oor die kraan en lei die water só na die emmer.

2. Beskerm jou gewrigte van uitputting en pyn as jy vir lang tye voor jou rekenaar te sit deur ’n gewrig-rus uit ’n pool noodle te maak. As jy die pool noodle in die helfte sny, maak dit twee gewrig-ruste.

3. As jy ’n deur het wat teen ’n muur kap, sny ’n klein stukkie pool noodle (in die lengte) en vou dit om die kant van die deur om te keer dat dit die muur beskadig.

4. Plak stukke in jou garage op strategies­e plekke om te keer dat jou deure en boot krap teen die muur of garagedeur.

7. Sit stukke pool noodle in jou lang boots om dit regop te laat staan.

Bron: www.familyhand­yman.com/list/ pool-noodle-hacks

WENK GESOEK

Ek is mal daaroor om in die tuin te werk, maar ek het nie baie tyd nie. Het julle lekker (en goedkoop) wenke om tuinwerk makliker te maak asseblief? ANONIEM

ANTWOORD

Maak ’n DIY waterdrupp­er deur elke

5 cm ’n klein gaatjie in jou tuinslang te maak met ’n boor, en skroef ’n doppie aan die einde. As jy nou jou plantjies natmaak, kom die water sagter en meer egalig uit as net met ’n tuinslang.

As jy snoei, sit ’n groot houer onder jou wat die afval kan vang.

Maak jou eie gieter met ’n vyfliter-plastiekbo­ttel. Maak ’n paar gaatjies in die doppie en maak die bottel vol water. Bron: https://bit.ly/3NFr3N9

 ?? ?? VRYWARING: Kuier het al die wenke van lesers ontvang en aanvaar geen aanspreekl­ikheid daarvoor nie. Gebruik op eie risiko.
VRYWARING: Kuier het al die wenke van lesers ontvang en aanvaar geen aanspreekl­ikheid daarvoor nie. Gebruik op eie risiko.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa