Kuier

LESERSWENK­E

-

As jy verf of ’n baie taai stof op jou hande het, skrop hulle met ’n mengsel van olie en suiker. Dit sal dadelik afkom.

MAGDA, SASOLBURG

Hoe om ’n puffer jacket se vorm terug te kry ná ’n was: Sit net die puffer jacket in die tuimeldroë­r saam met so drie tennisball­e en een of twee handdoeke vir so vier minute. Die baadjie kom perfek uit – weer pofferig en nie plat nie.

MICHELLE LOUW, WATERKLOOF RIDGE

Om jou hond stil te hou terwyl jy hom of haar was, sit ’n bak met hondeversn­aperings of hondekos teen die muur vas. Terwyl jou hond eet, was jy gou-gou die moeilike plekke.

JAYTEE MARCH, GOODWOOD

Met beurtkrag byna elke dag, sit tweeliterb­ottels water in jou vrieskas – dit hou jou vleis gevries vir langer.

CHARLENE DAVIDS, BREDASDORP

Om koffie en tee uit jou klere uit te haal, gebruik jy ’n blik van Mr. Sheen multi-surface daily cleaner. Skud goed en spuit dit op die koffie- of teekol. Dit verwyder dit dadelik. Was dit met waspoeier uit.

ELIZABETH CORDIER, KROONSTAD

Verwyder die reuk van tabak en rook uit ’n vertrek deur lemoen- of suurlemoen­skil in die vertrek te brand.

GHERSWIN,GHERSWIN EERSTERIEE­RSTERIVIER

Moet jy ’n kilogram of twee verloor sodat die winterkler­e pas? Eet met chopsticks. Jy sal minder en stadiger eet omdat dit meer moeite is.

CORNELI WESSELS, POTCHEFSTR­OOM

As jy baie skuim in die wasbak het ná jy skottelgoe­d gewas het, smeer jou wasvadoek met Sunlight-seep en spoel dit in die skuimwater. Dit laat al die skuim verdwyn en jy bespaar terselfder­tyd water, want jy het nie nodig om die water te laat loop om van die skuim ontslae te raak nie.

JULIE ROOS, ALBERTON

Knip jou blomme 1 cm af onder lopende water en verwyder alle blare wat in die vaas gaan. Voeg een teelepel bleach en suiker by jou blomme se water en dit sal vir drie weke lank vars en kleurvol in jou huis bly.

LIZANDRIA ADAMS, EERSTERIVI­ER

As jy klitsgras of kakiebos afsny of uittrek, trek ’n ou reënjas aan – die klitse klou dan nie!

JESSIE WOLTERS, RANDFONTEI­N

Dis nou brei-tyd. Hou twee gewone kurkproppe in jou breisak en elke keer voor jy jou breiwerk bêre, druk jou breinaalde se punte in die proppe. Sodoende is jy verseker jou breiwerk skuif nie van die naalde af en jy verloor steke nie.

ANNE, HENNENMAN

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa