Kuier

Pa’s moet kinders lei

Pa’s moet weer hul plek inneem as leiers en steunpilar­e vir hul gemeenskap en kinders. deUR Pastoor Mark Mini

-

Jy kan nie ’n vader wees sonder om te weet wie jy is, en aan wie jy behoort nie. Een van die belangriks­te take van ’n pa, indien nie die allerbelan­grikste nie, is om sy seuns en dogters aan God bloot te stel. Ons moet seker maak hulle is wedergebor­e met ’n persoonlik­e verhouding met Jesus Christus.

Regdeur die Bybel, beide in die Ou en Nuwe Testament, is daar hope voorbeelde van die wesenlike rol wat deur vaders gespeel word. Deesdae het ons weliswaar te kampe met talle sosiaal-maatskapli­ke uitdagings in ons gemeenskap­pe wat dit nogal bemoeilik om ons kinders op die regte pad te lei. Ons sien die uitwerking hiervan selfs in die kerk. Die aantal pa’s wat angs en depressie het, het geweldig toegeneem en die kerk van Jesus Christus het ook op hierdie gebied ’n duidelike rol om te vervul.

Dit is net so belangrik dat die kerk sy rol in die gemeenskap eien betreffend­e die vaderlike figuur aan menige gebroke jong mens. Ons sien soveel gebrokenhe­id juis binne die kerk veral omdat soveel kinders sonder ’n vader grootword. Dit skep gebrokenhe­id of “wees-”hartjies in ons kinders.

Ons kinders sal dit nie erken nie, maar hulle let baie fyn daarop hoe ons krisisse hanteer, en sal eendag ons optrede navolg. Wanneer hulle dan in die toekoms pa’s word, gaan hulle presies doen soos ons gedoen het. Ek het ondervindi­ng van hoe ’n krisis my familie getref het. Die een besluit wat ek vir my eie familie moes neem, was om sterk te staan te midde van die stryd om op te gee. Ons moet besef dat ’n vader die lot van die kinders bepaal, of ten minste ’n groot rol daarin speel.

Wie is vaders?

• Vaders is eerstens mans voor enigiets anders. Vaders was eers seuns, en hul ervarings as seuns sal ’n beduidende rol speel wanneer hulle self vaders word.

• Mans moet weet waar hulle vandaan kom.

• Mans het ’n hunkering om soos hul eie vaders te wees. Hieruit kom beide negatiewe en positiewe gevolge.

• Mans wil bekend wees vir hul dapperheid en moed. Soms het ons die prentjie dat God en Jesus sagmoedig en sag is. En baie mans wil nie altyd as sag en sagmoedig gesien word nie. Maar die grootste nalatenska­p wat jy as ’n vader kan agterlaat, is om jou kinders aan God die Vader bekend te stel.

Wat beteken dit om God as vader te hê?

Soms is ons natuurlike vaders nie in ’n posisie of selfs gekwalifis­eerd om ons sekere aspekte in die lewe te leer nie. Hulle het dalk hul eie uitdagings. Die meeste van die tyd is ons vaders nie in staat om ons in te lyf nie omdat húlle nog nie ingelyf is nie.

My pa het sy pa op agt jaar oud verloor, en noudat ek self ’n pa is, sien ek die stryd waarmee my pa geworstel het toe hy my grootgemaa­k het. Die grootste geskenk wat my pa my nagelaat het, was nie materialis­ties nie, maar was om my in die huis van die Here groot te maak. My pa het my geleer hoe om ’n verhouding met die Here te bou, en ek het dieselfde met my kinders gedoen. Om God te sien as vír jou en dat jy die appel van Sy oog is, bring groot selfvertro­ue.

Ons kinders smag na bevestigin­g. Moet nooit onkundig hieroor word nie. Vertel jou kinders dat jy hulle liefhet. Dit dra geweldige krag as kinders hoor dat vaders hulle liefhet. Vaders, julle sal opmors en foute maak. Dit is dan wanneer jy verantwoor­delikheid moet neem en werk om dinge beter te maak. Vaders, kom ons lei ons kinders. Ondersteun ons kinders. Hulle benodig ons. Laat ons nie soos diere optree nie. Baklei vir hulle en wees lief vir hulle. Vaders het die sleutels tot talle bestemming­s. Ons as Christelik­e vaders moet onthou watter rol ons moet vervul. Ons staan tussenbeid­e vir die lewende en die dooie. Meer en meer jong mense pleeg selfmoord. En nie net in die agtergeble­we gemeenskap­pe nie. Gemeenskap­s- en groepsdruk is aan die toeneem, en nou word van vaders verwag om die voortou te neem en gesag te neem, meer as ooit. Vaders is so belangrik en ons moet bid vir elke vader om sterk te staan en nie hul verantwoor­delikhede te laat vaar nie. Ek wens elke vader ’n geseënde Vadersdag toe.

*Pastoor Mark Mini is die pastoor by Christian Revival Church in Kuilsrivie­r en Mitchells Plain.

Vertel jou kinders dat jy hulle liefhet. Dit dra geweldige krag as kinders hoor dat vaders hulle liefhet.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa