Kuier

DIT REËN KOEËLS...

-

Massaskiet­voorvalle is nie iets waarmee jy sommer Suid-Afrika vereenselw­ig nie. Dit voel meer soos iets wat in lande soos Amerika of elders in die wêreld gebeur. Maar die onlangse skietvoorv­al by die New Somerset-hospitaal in Kaapstad waarin drie mans gesterf het, sowel as statistiek­e wys dat hierdie tipe misdade wel op ons strate en selfs nou in ons hospitale plaasvind.

Tussen Junie 2019 en Desember verlede jaar was daar meer as 400 gevalle van massaskiet­ery in die Wes-Kaap. Altesaam 600 mense is doodgeskie­t en meer as ’n 1 000 is gewond. Hierdie skokkende stand van sake is onlangs onthul toe Reagen Allen, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskap­sveilighei­d en polisietoe­sig, meer oor massaskiet­voorvalle wou weet.

Die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns (SAPD) definieer ’n massaskiet­ery as ’n voorval waarin drie of meer mense geskiet word. Die polisie ondersoek sedert Maart vanjaar minstens drie sulke voorvalle in Khayelitsh­a.

In ’n land soos Suid-Afrika waar misdaad hoogty vier, is skietvoorv­alle teen hierdie tyd niks vreemds nie, maar wanneer jy die statistiek­e oor massaskiet­voorvalle sien, kan jy nie anders as om geskok te wees dat hierdie voorvalle binne net twee jaar op eie bodem plaasgevin­d het nie.

Toe die nuus op 7 Mei 2022 breek van ’n skietvoorv­al op die tweede verdieping by die New Somerset-hospitaal in Groenpunt, Kaapstad, is aanvanklik bespiegel dat dit bendeverwa­nt kan wees. Mense, wie se familieled­e by die hospitaal was vir mediese versorging, het vervaard begin rondbel opsoek na hul mense. Daar was groot onsekerhei­d oor presies wat daardie oggend by die hospitaal gebeur het.

En toe kom die skokkende polisiever­klaring dat twee pasiënte doodgeskie­t is. ’n Derde slagoffer, ’n polisieman, is ook ernstig gewond en het die volgende oggend gesterf. Hy was konstabel Donay Phillips (32) wat by Seepunt-polisiesta­sie gestasione­er was. Die ander twee slagoffers se identiteit is ook intussen bekendgema­ak – Geret Carolus (48), wat vir die afgelope 11 maande op Atlantis woonagtig was, en Lionel Eckleton (42), ’n hawelose man.

beskuldigd­e

Jean-Paul Malgas (39), ’n voormalige polisieman van Hopefield aan die Weskus, is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Volgens Netwerk24 is Jean-Paul op

6 Mei deur ’n polisiebea­mpte na die hospitaal begelei nadat hy die vorige dag deur ’n ander polisiebea­mpte in Hopefield gewond is nadat hy glo ’n beampte in die

 ?? ?? Foto ter illustrasi­e
Foto ter illustrasi­e

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa