Kuier

PORTUGESE PERI-PERIHOENDE­R MET RYS

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

Hoender

1 heel hoender

Sout en gemaalde swartpeper

4 – 6 droë rooi brandrissi­es, gekap

4 eetlepels suurlemoen­sap

½ koppie olie

3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap

Groenterys

3 eetlepels botter

1 eetlepels olie

1 groot ui, fyngekap

3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 van elk rooi, groen en geel soetrissie­s, wit gedeeltes verwyder en in repies gesny 1 groot murgpampoe­ntjie, in stukkies gekap 2 koppies rys

1 teelepel borrie

4 koppies hoender- of groente-aftreksel Sout en gemaalde swartpeper na smaak

METODE

Hoender: Knip weerskante van die ruggraat om dit te verwyder. Vou die hoender oop en druk hard met jou handpalm op die borsgedeel­te om die hoender plat te kry. Geur dit met sout en peper. Sit die hoender met die velkant na bo in ’n roosterpan. Meng die res van die bestanddel­e en giet die marinade oor die hoender. Bedek die pan en laat die hoender oornag in die yskas rus. Haal die hoender ’n uur voor gaarmaakty­d uit om kamertempe­ratuur te bereik. Rooster die hoender in ’n voorverhit­te oond van 190 °C vir een uur of totdat dit goudbruin en gaar is. Groenterys: Verhit die botter en olie in ’n pot oor matige hitte en braai die ui daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel, soetrissie en murgpampoe­ntjie by en braai ’n paar minute saam. Voeg die rys en borrie by en braai ’n paar minute saam met die groente voordat jy die aftreksel byvoeg en geur met sout en peper. Roer goed deur, verlaag die hitte en laat dit oop prut vir ongeveer 20 minute of totdat die meeste van die vloeistof weggekook het. Sit die plaat af en laat staan die pot daarop vir ongeveer 10 minute. Skep die rys in ’n groterige plat bak en sit die hoender bo-op.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa