Kuier

GROOT OORLOË DEUR DIE GESKIEDENI­S

-

Eerste Wêreldoorl­og (1914 – 1918): Dié oorlog is hoofsaakli­k veroorsaak deur die konflikte van die drie groot magte Oostenryk, Hongarye, Ottomaanse Ryk en die Russiese Ryk. Lande van oor die hele wêreld was betrokke by dié oorlog, wat op Europese grond plaasgevin­d het. Die gebruik van snelvuur en chemiese wapens asook die sinnelose lewensverl­ies in die loopgraafs­tryd, maak die oorlog die bloedigste konflik in die geskiedeni­s tot in daardie stadium. Totale militêre sterfgeval­le: 9 911 000

Die eerste Sino-Japannese oorlog (1894 – 1895): In dié oorlog het die Quin-dinastie van China geveg teen die Meiji Japanese Ryk oor wie Joseon (Korea) regeer. Om en by 35 000 soldate het gesterf of is gewond in die stryd.

Tweede Wêreldoorl­og (1939 – 1945): Dié oorlog was ’n samestelli­ng van twee konflikte – een wat in Asië begin het as die tweede Chinese-Japannese oorlog en die ander wat in Europa begin het met die inval van Pole deur Duitsland. Dit was die wydverspre­idste oorlog in die geskiedeni­s, en het na raming wêreldwyd meer as 50 miljoen lewens gekos en groot skade aangerig.

Viëtnamese oorlog (1954 – 1975): Dit het begin vyf jaar ná die verdeling van die land by ’n Genève-konferensi­e. Viëtnam is in twee verdeel, met ’n kommunisti­ese regime in die noorde en ’n demokratie­se regering in die suide. Hulle het geveg omdat Noord-Viëtnam die land wou verenig deur kommunisme.

Die Viëtnamese burgerlike dodetal is tussen 627 000 – 2 000 000.

TANS IS DAAR ONDER MEER KONFLIK TUSSEN DIE OEKRAÏNE EN RUSLAND, EN ISRAEL EN PALES TINA, EN ’N BURGER OORLOG IN SOMALIË. RAY BANS HET ONTSTAAN AS GEVOLG VAN DIE WEER MAG. DIT IS GEMAAK OM AMERIKAANS­E VLIEËNIERS TE HELP MET DIREKTE SONLIG IN HUL OË EN DUISELIGHE­ID EN HOOF PYN TE HELP VERMINDER.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa