Kuier

STAAN SÓ PA

Nuwe pa’s het baie vrese en onsekerhed­e, maar die goeie nuus is dat daar hoop is vir elkeen van hulle wat nie weet wat om te doen met hul pienkvoet en vrou nie.

- DEUR MARTELI BREWIS

Vir baie mans is vaderskap ’n badge of honour – iets waarna hulle vir jare lank uitsien (al erken hulle dit nie altyd maklik nie!) en gewoonlik vermurwe hul mannehart wanneer hulle die eerste keer daai pienkvoet vashou.

Die oomblik wanneer jy hoor jy gaan pa word, is daar gewoonlik ’n warboel van emosies – opgewonde vreugde en, baiekeer, verskrikli­ke vrees en onsekerhei­d.

“My vrou is nou sewe maande swanger met ons eerste outjie,”vertel Gerhardus Jantjies (34) van Cloetesvil­le in die Boland.“Honestly, ek weet nie of ek meer opgewonde of bang is nie!” lag hy.“Ek het nie ’n clue wat om te verwag nie. Die worry vreet my partymaal op, maar aan die ander kant is ek so excited en proud, jy weet. Dis baie confusing.”Op die vraag of sy vrou, Imelda (31), moeilik is in hierdie tyd antwoord hy:“I have the right to remain silent vir my eie veiligheid . . .”Hy verklap wel hy weet nie aldag hoe om haar te ondersteun nie.

ONDERSTEUN MEKAAR

Die Kuier- uitlegkuns­tenaar Ryan Carolisen (41) is ’n pa van twee (12 en 10) en onthou hy het baie gehuil toe hy die eerste keer hoor hy word pa.“Dit was onbeplan en ek was nogal lank geskok,”erken hy.

“Dit het ’n rukkie gevat vir die idee om ’n werklikhei­d te word.”Hy sê hy was bekommerd oor elke moontlike ding.“Ek was so bang ek sal nie finansieel vir hierdie babatjie kan sorg nie. Ek het besef ek moet iets doen met my lewe om seker te maak my baba se lewe gaan oukei wees. Vandag nog is dit ’n vrees. Met kinders verander alles, jou hele lewe en uitkyk,”erken hy. Die eerste keer wat Ryan sy seun vasgehou het, beskryf hy as“weird”, want hy was so klein en fragile terwyl Ryan homself beskryf as ’n reus.“Jy moet so versigtig wees,”lag hy.“Maar dit was ’n baie cool ervaring!”

Ryan vertel die eerste paar weke ná die geboorte was lieflik en rustig. “Hy was ’n baie maklike baba en gelukkig het ek ’n jonger broer en neefs, so ek het geweet wat om te doen. Ek was nie heeltemal onvoorbere­id nie.” Vir Ryan was dit baie spesiaal om so baie tyd met sy kinders

te kon spandeer toe hulle klein was, en hy wens dit was deesdae steeds só.“Ek wens net ek het van die begin af geweet ’n mens figure dinge uit soos jy die pad stap, en dat jy nie dadelik alles van ouerskap hoef te weet nie.”

Leanie Bezuidenho­ut, ’n vroedvrou van Brackenfel­l in die Kaap, vertel in haar ervaring is nuwe pa’s se grootste vrees die veranderin­g in familie-dinamika.“’n Man is baiekeer bang hy gaan sy vrou verloor omdat sy dan op die baba gaan fokus.”

Leanie se raad aan nuwe pa’s is om in die oomblik te wees, met jou vrou te kommunikee­r en haar te ondersteun.“Maak tyd om te gesels. Moedig jou vrou aan om goed te doen wat haar laat goed voel oor haarself – vat die baba sodat sy tyd het om lekker lank te kan stort, haar grimering te doen en mooi aan te trek. Partykeer is dit al wat sy nodig het.”

Wanneer dit kom by ’n swanger vrou se cravings en naarheid, stel Leanie voor ’n man help waar hy kan.“Was die skottelgoe­d en maak die leftover-bakkies leeg – al daai ou kosreuke is ’n aaklige trigger vir morning sickness. En jy sal ’n regte hero wees as jy uithelp met daai cravings!”

Sarah Jones, ’n vroedvrou van Great Expectatio­ns Midwives in Johannesbu­rg, voeg by:“Jy kan help deur seker te maak daar is altyd lekker snacks beskikbaar – veral soggens.”Sy verduideli­k swanger vroue is dikwels soggens naar omdat hulle nog nie geëet het nie.“Tonne sjokolade is egter nie ’n goeie ding nie,”vertel sy.

Kommunikas­ie tussen man en vrou is ook belangrike­r as ooit.“Maak seker julle weet wat julle van mekaar verwag wanneer die baba daar is om onnodige ongelukkig­heid te vermy.”

Nog iets wat ’n pa kan doen voor die geboorte, is om seker te maak jul papierwerk is reg – testamente en polisse is op datum om die baba in te sluit indien nodig.

Wanneer die baba eers gebore is, het hulle gewoonlik die ma meer nodig as die pa.“Wees geduldig, dit verander ook. Doen wat jy kan om intussen te help – vryf winde uit ná ’n voeding en bad die baba. Spanwerk is die sleutel!”

Iets anders wat vir Leanie belangrik is, is dat nuwe pa’s besef ’n paartjie is nie en hoef nie alleen te wees nie.“It takes a village om ’n kind groot te maak. Waardeer diegene wat julle ondersteun en aanvaar die hulp.”

Voor, en selfs ná die baba se geboorte is ’n besondere emosionele tyd vir ’n vrou en partykeer sal daar emosionele uitbarstin­gs wees. Sy verduideli­k nuwe ma’s ervaar baiekeer botsende gevoelens van vreugde, oorweldigi­ng en selfs teleurstel­ling.

“Die meeste vroue herstel en pas aan ná omtrent ’n week,”meen sy. As die hartseer egter langer as twee weke aanhou, kan dit dalk nageboorte­like depressie wees en dis belangrik om dan profession­ele hulp te soek.

Sarah verduideli­k verder emosionele ondersteun­ing is meer oor teenwoordi­g wees as enigiets anders.

“Jou vrou het iemand nodig met wie sy kan praat wanneer sy swaarkry, maar ook iemand met wie sy haar vreugde kan deel. Jy moet haar grootste ondersteun­er wees. Sê vir haar sy doen amazing en dat jy trots is op haar.”

SELFSORG BELANGRIK

Dis egter ook baie belangrik vir ’n nuwe pa om homself te versorg.“Jy kan nie jou nuwe gesin versorg as jou tenk leeg is nie. Gaan hardloop of ry fiets – doen die goed wat jou help om perspektie­f te behou,”is Leanie se raad.

Sarah se raad is om iemand te hê met wie hy kan praat oor sy nuwe omstandigh­ede.

Dit is ook gewoonlik nie net die ma wat sukkel met ’n skielike tekort aan slaap nie.

“Met ’n pasgebore baba word slaap baie onderbreek, so probeer om te rus wanneer jy kan,”sê Sarah.“Jou liggaam sal aanpas by die minder slaap, maar dit is ’n proses.”

Om ’n kind te kry, is een van die wonderliks­te en moeilikste ervarings in die lewe. Ouerskap is ’n reis vol vreugde, maar ook vol uitdagings. Onthou om die ervaring te geniet en onthou ook, almal maak foute.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa