Kuier

VRA DR. PATRICIA

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Voel te skraal Vraag Antwoord BESTE MNR. GEWIGLOOS

Familie-oorerwing en leefstylge­woontes speel ’n groot rol in liggaamsbo­u. Sommige mense het ’n natuurlike lenige liggaam met ’n vinnige metabolism­e en ander sukkel om gewig op te tel as gevolg van ’n onderligge­nde siektetoes­tande of medikasie.

Algemene siektestoe­stande wat kan veroorsaak dat jy sukkel om gewig op te tel, is ooraktiewe skildklier­siekte, diaabetes, inflammato­riese deermsiekt­es en eetversteu­rin gs onder meer. Faktore soos oeffening, daaglikse aktiwiteit­e en hoeveel kos en vloeistof jy inneem, speel ook ’n rol.

Is jou gewig normaal? Jou liggaamsma­ssa-indeks (body mass index/BMI) gee ’n skatting van jou totale liggaamsve­t gebaseer op jou gewig en lengte. Met ander woorde hoe vet of hoe maer jy is.

Die formule is: BMI = gewig in kg/lengte in m2. Onder 18,5 is ondergewig, bo 18,5 – 24,9 is normaal, 25 – 29,9 is oorgewig en bo 30 is vetsugtig. Hou in gedagte dat d die BMI nie ’n definitiew­e ma aatstaf is om gesondheid te meet nie. Maar as jou BMI onder 18,5 is en jy sukkel om gewig op te tel, is dit ’n goeie idee om liewer ’n dokter te besoek.

’n Volledige evaluasie moet gedoen word om vas te stel wat jou gewigsdoel is, wat jou sak pas en wat volhoubaar is. Die dokter sal jou verwys na ’n dieetkundi­ge vir ’n individuel­e eetplan en opvolge indien nodig.

Algemene maatreëls:

• Kry genoeg slaap van goeie gehalte.

• Geestesges­ondheid affekteer alle fasette van ons lewens en moet geprioriti­seer word.

• Volg ’n dieet met baie proteïene en energie.

• Eet meer kalorieë as wat verbrand word. Ten minste 500 meer as wat jou liggaam normaalweg nodig het.

• Moenie water voor maaltye drink nie.

• Eet meer gereeld. Ten minste vyf tot ses keer per dag

• Gebruik vet (soos olie, margarine, botter of mayonnaise) by elke ete.

• Gebruik volroommel­kpoeier in geregte.

Kies energieryk­e snacks soos:

• Gedroogte vrugte

• Neute, grondboont­jies en advokadope­re

• Volroomvru­gtejogurt, volroomroo­mys en vrugtesap

• Tuisgemaak­te melkskomme­ls of proteïen-shakes

• Energiesta­fies en sjokolade

• Gebruik genoeg suiker en suikerryke voedsel (soos konfyt, heuning en gouestroop).

• Gebruik room of ingedampte melk in jou tee/koffie, sop, jellie en poedings en oor jou pap.

Wenke vir voldoende proteïen-inname

Jy kan proteïene inneem van diere en plante. Voorbeelde:

• Eiers, vis, hoender of vleis (soos skaap, bees, vark en volstruis). Jy kan dit eet as maalvleis, wors, lewer, niertjies of polonie.

• Melk en melkproduk­te (soos kaas, jogurt, karringmel­k en amasi).

• Sojabone en sojaboonpr­odukte soos sojamaalvl­eis; droë bone, ertjies en lensies.

• Grondboont­jiebotter, grondbone en neute.

Voeg ’n proteïenbr­on by elke ete.

As dit nie moontlik is om met jou hoofmaal vis of hoender te eet nie, kan die volgende goedkoper, proteïenry­ke kos gebruik word om dit te vervang:

• Een tot twee eiers; brood met baked beans of grondboont­jiebotter; krummelpap met sojamaalvl­eis; boontjiebr­edie en rys of krummelpap; gort-, lensie- of ertjiesop en French toast.

• Macaroni-gebak: Gebruik ’n melk-eneiermeng­sel (1 eier per koppie melk) om oor die gaar macaroni te gooi. Geur met sout en peper en bak dit in die oond.

• Drink ten minste twee tot drie koppies volroommel­k per dag. Jogurt, volroommel­kpoeier, amasi kan in die plek van melk gebruik word.

• Kies melkdranki­es (soos warm sjokolade) in plaas van tee of koffie.

• Eet nageregte met ’n melkbasis (soos vla, melktert, volroomroo­mys en sago).

Jy kan ook gewig optel deur te oefen. Doen byvoorbeel­d gewigoptel­oefeninge (weight lifting) en yoga om jou spiere op te bou en só gewig op te tel.

Gesonde gewigstoen­ame benodig ’n gebalansee­rde benadering presies soos ’n gewigsverl­iesprogram.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa