Kuier

VERTEL VIR ANTIE VAL Vraag Vraag Antwoord

Sukkel jy met jou liefdeslew­e? Hier is raad.

-

Drankprobl­eem Vraag WIL HOMTREKPAS GEE

Antie Val, ek soek hulp asseblief. Ek sit met ’n probleem met my boyfriend. Hy het ’n drankprobl­eem wat hy nie wil erken nie. Hy het ook nie ’n vaste werk nie, so as hy nie werk nie dan drink hy elke dag. Ons bly jou al jare saam. Ons het saam ’n huis gebou, maar het nie kinders saam nie. Ek het ’n dogter wat sieklik is. As hy dronk is, het hy die slegste maniere. Ek het al sover gekom om hom ’n interdik te gee sodat hy die huis moet verlaat, maar ons moet nog hof toe. Ek is regtig raadop en kan nie só aangaan nie. SIEK EN SAT

Antwoord BESTE SIEK EN SAT

’n Mens kan net iemand help wat gehelp wil word. En vir dit om te gebeur, moet hy erken hy het ’n probleem. As jy nog lief is vir hom en vir hom omgee, kan jy hom nog ondersteun as hy hulp wil kry al is julle nie meer saam nie. Die feit dat hy jou kind lelik behandel wanneer hy dronk is, is ook nie reg nie. Sulke goed laat letsels. Los hom en begin bou aan ’n beter lewe vir jou en jou kind. Julle hoef regtig nie so onder hhom tet sufferff nie.i

VERLIEF OP OUERVROU

Ek is verlief op ’n ouer vrou. Haar man kan haar nie liefde gee nie. Sy wil ook nie uit die huwelik stap nie. Wat moet ek doen? SEERGEMAAK

Antwoord BESTE SEERGEMAAK

Jy sê nie of sy ook verlief is op jou nie. Maar dit lyk my julle twee het klaar ’n bespreking gehad, en sy wil nie“permanent”saam met jou wees nie.

Wat ek voorstel, is dat jy gaan sit en dink – met jou kop en nie net jou hart en ander dele nie. Vra jouself wat die kanse is dat sy haar huwelik sal prysgee, en vir hoe lank julle twee sal hou. Vergeet van al die fluff van verhouding­s en dink aan die harde goed. Gaan julle saam wil wees ná ’n gestry? Het julle enigiets gemeen? Wil jy die res van jou lewe saam met haar wees of is dit net ’n in-the-moment-besigheid?

Ek verstaan dat jy beskermend oor haar voel en vir haar liefde wil gee. Sy het seker by jou afgepak oor haar man wat nie vir haar liefde kan gee nie. Of het jy dit self gesien? In elk geval, dit bly haar keuse om saam met die man te bly of nie. Dit hang net af waarmee sy tevrede is en wat sy uit haar huwelik wil hê. As hy haar mishandel dan is dit ’n ander saak. Dan kan jy haar help om haar ontwil en nie omdat jy ’n inkomkans by haar soek nie.

Intussen stel ek voor jy hou maar jou afstand, want dit kan nogal ’n mens knou om iemand te sien op wie jy verlief is en julle is nie saam nie. Respekteer haar, maar moet ook nie dat sy op jou gevoelens speel en jou gebruik nie.

En aan ’n affair moet jy nie eens dink nie, want niemand verdien om weggesteek te word nie. Daai is ook nie liefde nie.

DIKVAN MAN SE ABUSE

Ek en my man is nou al 15 jaar saam, en is nou twee jaar getroud. Ek het onlangs uitgevind dat hy iemand anders sien en boonop werk die twee saam by een werksplek. As ek hom confront dan wil hy my slaan en maak asof ek die een is wat rondmors. Sy ouers wil niks weet van hom nie, vat altyd sy kant en entertain sy goed en wil nooit my kant van die storie hoor nie. Hy abuse my mentally en physically en ek is gereed om uit hierdie huwelik uit te stap. Maak ek die regte besluit? DOODONGELU­KKIG

BESTE DOODONGELU­KKIG

Hy wys sommer hy is skuldig. Die feit dat hy jou wil slaan en beskuldig dat jy die een is wat rondmors, dui daarop aan dat hy iets wegsteek. Boonop behandel iemand wat jou liefhet jou mos nie só nie. En as sy ouers so cover, gaan hy nooit regkom nie. Jy het die volste reg om jou huwelik te beëindig. Moenie wag vir goed om beter te raak met ’n man wat nie beter wil word nie. Jy gaan jou net afsloof en dalk nog in ’n graf beland. Dit gebeur heeltemal te veel in ons land. Werk baie aan jouself en moenie toelaat dat ander mense jou laat minderwaar­dig voel en jou selfbeeld aantas nie. Om hom te los, is ’n stap in die regte rigting.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa