Kuier

LAAT JOU GELD GROEI

Dís wat jy alles van ’n tax-free savings account moet weet. DEUR MARTELI BREWIS

-

’nMens hoor so baie van die taxfree-savings-besigheid, maar dit is moeilik om op jou eie uit te figure presies wat dit is, hoe om dit te kry en hoe om dit vir jouself te maak werk. Kuier het gaan ondersoek instel. “Ekke het een, maar ek het nie ’n clue wat dit eintlik is nie,”erken Renetia la Grange (52) van Kaapstad.“My broer is baie slim met sy geld en hy het ’n paar jaar terug vir my gesê ek moet een kry. Ek het só gemaak en betaal elke maand ietsie in, maar meer as dit weet ek nie.”

Gerda Booysen (42), ook van die Kaap, is net so onseker.“Ek het onlangs met ’n nuwe werk begin en ek pay nou beter, so ek wil daai ekstra geldjies êrens bêre voor ek dit uitgee op gemors,”verduideli­k sy.

“Maar ek weet nie wat die beste manier gaan wees nie.”

Roné Swanepoel, besigheido­ntwikkelin­gsbestuurd­er van Morningsta­r Investment Management in Johannesbu­rg, verduideli­k hoewel die meeste mense ’n belastingv­rye spaarreken­ing (TFSA) assosieer met iets wat korttermyn van aard is, is dit eintlik ’n langtermyn­spaarmidde­l wat maklik toeganklik is om enige onverwagte uitgawes te finansier.“’n TFSA laat jou toe om in ’n reeks verskillen­de bateklasse te belê sonder om inkomstebe­lasting, dividendbe­lasting of kapitaalwi­nsbelastin­g op die opbrengs van die belegging te betaal.”

HOE WERK DIT?

Jy kan hierdie tipe spaarreken­inge by verskeie banke, batebestuu­rders, lewensvers­ekeraars en aandelemak­elaars oopmaak, volgens Roné.“Die jaarlikse limiet vir individuel­e beleggers is tans R36 000 en die leeftydlim­iet per belegger is R500 000. Bydraes mag nie die jaarlikse individuel­e limiet van R36 000 oorskry nie, aangesien enige bydraes bo en behalwe hierdie bedrag teen ’n koers van 40% belas sal word,”waarsku sy.

Die grootste voordeel van ’n TFSA is dat dit belastingv­ry is en dat jy meer as een TFSA kan hê.“Dit is net belangrik om te onthou dat die leeftydlim­iet (van R500 000) op die totale som van die verskillen­de TFSAs geld,”herinner Roné.

TFSAs is verder ook baie maklik toeganklik – jy kan enige tyd gedurende die beleggings­termyn fondse onttrek. Maar weereens, onthou dat hierdie onttrekkin­gs wel jou leeftydlim­iet permanent verminder.“Byvoorbeel­d as jy R500 000 gespaar het in jou TFSA en R100 000 gedurende die tydperk onttrek, kan jy nie weer die R100 000 terugsit nie. Die leeftydlim­iet verminder dan na R400 000.”

TFSAs is ook nie onderhewig aan enige regulatori­ese limiete in terme van waar die geld belê kan word nie.“Dit laat jou dus toe om weg van Suid-Afrikaanse spesifieke risiko’s te diversifis­eer (byvoorbeel­d deur in die buiteland te belê) deur ’n belastingd­oeltreffen­de produk, sonder beperkings op hoe die geld belê word,”verduideli­k Roné.

“Ek stel voor dat beleggers aan ’n TFSA dink met ’n minimum 15 jaar tydshoriso­n vir die belegging,”is haar raad.

Volgens Roné sluit die nadele van ’n TFSA in dat daar ’n beperking is op die jaarlikse bydraes wat gemaak kan word, en 40% belasting is betaalbaar op enige bydraes wat gemaak word bo hierdie limiet.“Byvoorbeel­d sou jy R40 000 bydra in ’n belastingj­aar en die jaarlikse limiet is R36 000 sal die R4 000 belas word teen 40%, dus R1,600.”

WAT VAN RENTE?

In die meeste gevalle is die onlangse stygings in rentekoers­e ’n las, maar gelukkig sal die opbrengs op geldmarkfo­ndse in ooreenstem­ming met die rentekoers­verhogings styg.“Daar kan ’n geval wees van negatiewe opbrengste in die effektemar­k, namate opbrengste toeneem om die verwagte stygings en inflasieve­rhogings te akkommodee­r. Langtermyn­effekte sal meer beïnvloed word as korttermyn­effekte as gevolg van hul sensitiwit­eit tot rentekoers­veranderin­ge,”meen Roné.

Daar is egter geen waarborg dat ’n rentekoers­verhoging ’n negatiewe impak op aandelemar­kte sal hê nie.“Maar histories is die goedkoper areas van die mark geneig om beter te presteer as die groei-areas van die mark. Tipies, vind stygende rentekoers­e plaas gedurende tydperke van sterk ekonomiese vooruitsig­te,”verduideli­k sy.

Gontse Tsatsi, hoof van kliënte-bestuur by Old Mutual Investment Group, voeg by jou rente word nie belas nie.“As jy dus byvoorbeel­d die jaarlikse limiet, R36 000, belê het, en jy R3 000 rente verdien het, tel dit nie as deel van die belegging nie en sal jy nie gepenalise­er word daarop nie, tensy jy dit onttrek en weer belê.”

Verder sê Gontse jy kan hierdie geld enige tyd gebruik anders as ’n aftreeannu­ïteit wat jy eers vanaf 55 kan kry.“Jy kan die geld trek wanneer ook al jy wil sonder enige fooie of boetes. Onthou net, jy kan nie geld uithaal en dit later weer terugsit nie. Jy kan net ’n totaal van R500 000 belê in jou leeftyd. Hoe jonger jy is as jy een oopmaak, hoe meer tyd is daar vir die belegging om te groei.”

Iets anders om te oorweeg, volgens Gontse, is jou salaris.“As jy onder die belastingk­erf verdien, met ander woorde as jy nie maandeliks belasting betaal nie, is daar geen voordeel aan ’n TFSA nie, want jou geld word in elk geval nie belas nie.”

Judy Bryant van JustMoney verduideli­k verder ’n tax-free investment account (TFIA) is ’n manier om jou geld te belê sonder om belasting daarop te betaal.“Dis ’n inisiatief wat in 2015 deur die regering begin is om huishoudin­gs aan te moedig om te spaar.”

Sy sê as jy reeds ’n TFSA by ’n bank het, kan jy dit gratis oorskakel na ’n TFIA.

“Enigiemand, insluitend kinders, kan meer as een tax-free investment hê by verskeie banke en organisasi­es. Die limiete is egter dieselfde as by ’n TFSA. Jy kan nou al namens jou kinders een uitneem.”

Hierdie tipe beleggings kan nie gebruik word as transaksie­rekeninge nie, met ander woorde jy kan nie debietorde­rs daarvan laat afgaan of geld onttrek by die ATM nie.

Judy se raad is om eerstens seker te maak jy belê jou geld in ’n bankrekeni­ng met ’n goeie rentekoers.“Sit eerder al jou spaargeld in daardie rekening (as om verskeie spaarreken­inge te hê) sodat jy meer rente verdien en probeer om die rente daar te los en nie te gebruik nie.”

Jy kan net ’n totaal van R500 000 belê in jou leeftyd. Hoe jonger jy is as jy een oopmaak, hoe meer tyd is daar vir die belegging om te groei.

GONTSE TSATSI

 ?? Foto ter illustrasi­e ??
Foto ter illustrasi­e
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa