Kuier

EET GESOND D

Dit ís moontlik om jou kinders te oorreed om gesonder te eet. Kenners gee raad. DEUR MARETHA BOTES

-

ie belangrikh­eid van gesonde eetgewoont­es, veral vir kinders, word gedurig gepredik. Gesond eet is nodig om normaal te groei, vir energie, om te kan leer, ’n gesonde metabolism­e te hê en siektes teen te werk. Maar wat as jou kind nog nooit regtig “gesond”geëet het nie en jy dinge graag wil verander? Kenners sê met ’n bietjie moeite, geduld en deursettin­gsvermoë kan jy help om ’n gesonde eetsiklus by jou kind te kweek.

BEGIN VAN KLEINS AF

Carina Fourie, ’n dieetkundi­ge van Vanderbijl­park in Gauteng, het drie kinders. In haar praktyk sien sy dikwels raadop ouers wat hul kinders wil help om gesonder te leef, maar nie weet hoe nie. Haar uitgangspu­nt is kennis is mag, selfs vir kinders.

Sy sê as jy van kleins af vir hulle leer daar is sekere goed wat jou liggaam nodig het, en sekere eetgoed wat nié so goed is vir jou liggaam nie, sal hulle self besef dat jou liggaam reageer op wat jy dit voed. Gee jy dit gemors, sal jy nie so lekker voel nie, en dalk nie baie energie hê te speel of sport te doen nie. Voer jy dit die goeie goed, sal jy ook goed en vol energie voel.

“Baie kinders kan nie self die assosiasie maak nie en daarom moet jy met hulle daaroor praat en ook ’n voorbeeld wees. Hoe vroeër jy hulle kan leer dat wat jy in jou liggaam insit jou lyf se brandstof is, en dit bepaal hoe effektief die motor gaan loop, hoe beter,”sê Carina.“Leer hulle van vroeg af hoekom jy sekere kossoorte moet inkry. Leer hulle van makro- en mikronutri­ënte. Rus hulle toe met kennis sodat hulle die regte keuses kan maak.”

Licia Joubert (34) van Pretoria is ma van Derek (7) en Emile (4). Sy sit hande in die hare, want nie een van die twee seuns wil groente of vrugte eet nie. Licia vertel:“Ek het al stories vertel van boompies (broccoli en blomkool) en kabouters wat die wortels spesiaal snags laat groei sodat seuntjies en

dogtertjie­s kan sterk word daarvan, maar niks werk nie. Souse, blatjang, selfs versteek in bredies. Hulle krap daai groente stukkie-stukkie uit.”

Hoewel die kinders nie tekens toon van moegheid, onder- of oorgewig of aandaggebr­ek nie, is Licia bang hul swak eetgewoont­es gaan hulle later inhaal.

“Emile sukkel wel geweldig met hardlywigh­eid,”sê sy. Albei seuns is geborsvoed tot op ongeveer ses maande, waarna sy hulle soliede kosse begin gee het.“Ons het maar met goed soos pap, groentepur­eé begin. Sy sê die kinders wou nooit regtig ’n groot verskeiden­heid kosse en smake hê nie, en sy het nog altyd gehou by wat hulle verkies. Vandag is hul stapelvoed­sel pasta, brood, vleis (veral hoender) en suiwelprod­ukte soos jogurt en kaas.“Ek is nogals bang hulle raak oorgewig en dat hulle later een of ander siekte soos diabetes kan ontwikkel,” sê Licia.

VERSKEIDEN­HEID KOSSE

Volgens Deborah Jacobson, ’n pediatries­e dieetkundi­ge van Johannesbu­rg, moet kinders van so klein moontlik af aan ’n verskeiden­heid kosse blootgeste­l word. Deborah sien gereeld oorgewig kinders in haar praktyk, selfs babas.

“Die oorsaak is dikwels dat hulle nie blootgeste­l word aan ’n verskeiden­heid kossoorte nie. Ouers voed dikwels hul babas slegs melk, want hulle is bang om die baba aan soliede kos bloot te stel. Ouer oorgewig kinders weet bloot net nie wat is gesonde eetgewoont­es nie. Koeldrank en vrugtesap is ook ’n issue oor die hoë suikerinho­ud,”sê sy.

Carina sê navorsing het bewys die perfekte tyd om jou kind te leer om gesond te eet, is voor 18 maande.“Daar is ’n baie spesifieke venstertyd­perk om jou kind aan kos bloot te stel. Dit is bewys dat wanneer jy jou kind in daardie tyd aan ’n groot verskeiden­heid kosse blootstel, hulle later meer geneig is om ’n groter variëteit te eet, asook gesonder te eet. Ons praat spesifiek van groente, vrugte, gesonde stysels soos boontjies, lensies, ertjies en mielies. Die groot ding is as hierdie blootstell­ing nie effektief is nie, gaan jy dit baie moeilik later kan doen,”sê sy.

Sy voeg by kinders is baie aanpasbaar – baie meer as volwassene­s – as dit kom by veranderin­g van eetgewoont­es.

“Jy moet egter aanhou om die regte kos vir hulle voor te sit. Moenie opgee wanneer hulle‘nie daarvan hou nie’. Navorsing het gewys dat jy jou kind tussen vyf en tien keer aan ’n kossoort moet blootstel voordat jy verseker weet hulle hou daarvan of nié. As jou kind dus ná die derde keer die eier uitspoeg, moet jy in werklikhei­d nog sewe keer probeer!”sê sy.

WEES POSITIEF

Meredith Smith (41) van Gqeberha in die Oos-Kaap sê haar dogter (nou 16) wou op ’n stadium niks behalwe pasta of pap eet nie. Volgens Meredith het haar dogter se eetgewoont­es aan haar lyf begin wys en sy het ook gesukkel met ’n slegte vel.

“Ons het baie trane in die huis gehad oor ek haar probeer dwing het om anders te eet. My kind sê vandag vir my ons moes dit dalk anders hanteer het, want sy het op ’n stadium gevoel sy is ’n mislukking omdat sy‘verkeerd eet’terwyl sy eintlik nie geweet het wat is reg en verkeerd as dit by kos kom nie. Dit het later gevoel alles waarom ons lewe gedraai het, was kos, om die dieet te probeer verander en om inligting te kry ook kossoorte,”sê sy.

Meredith het later met haar dokter gesels wat voorgestel het sy gaan sien ’n dieetkundi­ge wat kan help om die feite oor gesonde eetgewoont­es aan haar dogter te verduideli­k. Sy het ingestem en ná die tweede sessie by die dieetkundi­ge het sy ’n veranderin­g in haar dogter se houding teenoor kos begin sien.“Ek het voorgestel dat sy vir ons resepte uitkies sodat ons met verskillen­de kosse kan eksperimen­teer. Dit het weer daartoe gelei dat sy self begin kos maak het. Vandag is dit haar stokperdji­e. Sy het ’n bietjie gewig verloor, maar vir my gaan dit daaroor dat ons saam gesond eet,” sê Meredith.

Carina sê jy móét persistent wees as jy jou kind gesonder wil laat eet.“Op die ou einde is die kind nie in beheer van watse kos in die huis is nie. Die ouer wat die kos koop, moet seker maak die regte kos is in die huis. Dieselfde met goed wat hulle nie moet eet nie. Mamma en pappa kan nie elke aand ’n pak chips eet en verwag die kind moet nie. Wees ’n voorbeeld,”sê sy.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa