Kuier

BOODSKAPPE

-

Kuier- lesers het hul mening gelug oor of GBV-stats hulle nog skok.

Definitief, want mense maak nie oop nie. Hulle is bang vir die stigma wat daaraan kleef, maar besef nie dit gaan oor jouself wat bevry moet word uit daardie hel nie. Praat net. Daar is baie hulp. Sodoende kan die ergste soos moord verhoed word. SUEMAY MICHAELS

Dit ontstel my elke keer. Ek is ’n groot teenstande­r van geweld teen vroue en kinders. SANDRA FAAS

Ons sal ons standpunt moet inneem en die verontregt­es ondersteun as ons hierdie probleem wil oplos.

KAREN SAMPSON

Dit is skokkend dat ons nog in 2022 sulke hoë syfers sien. Baie vroue voel ook nog bang om te praat daaroor. En ons justice system werk nie vir die victim. Dit word nie gesien as ’n crime nie, maar as ’n domestic issue. En tot ons die mentalitei­t verander, het ons nog ’n lang pad om te loop.

FARANA JALIEL

Wow, julle het alweer julself oortref. Daar is so baie dinge wat vroue deur moet maak. Mooi bly, my Kuier- mense. Ek haal my hoed af vir julle; sal altyd vir julle bid.

MURIAL, MACASSAR

Sjoe, Vinette Ebrahim (18 Augustus se voorblad) word mooier by die dag. Dis ’n baie mooi foto van haar. BAVELEY FERIS

Wow, pragtige voorblad. Ek hou van die haarstyl. Grys hare pas haar mooi. Dít noem ek nou style! RACHEL GERTZE

Pragtig, antie V. Super stunning! CHARMAINE JENKINS

Ek love haar karakter, plus ek love haar. My eie aunty Charmaine. TRENITA OWIES

In Kuier se 18 Augustus-uitgawe het ons geskryf oor die verwoesten­de impak wat verslawing het. Lesers wat dieselfde pad gestap het, het raad gegee.

Ondersteun jou kind. Dis nie maklik nie. Ek het by ’n supportgro­ep aangesluit wat baie help en ek het myself ook lering gekry oor hoe om situations te handle. En bly biddend. Dit help. DESIREE PRESENCE

Ja, my dogter was verslaaf. Gebed help en dankie Vader vir Ellen Pakkies en haar storie. Moenie moed opgee nie. Bly biddend. DAPHNE RANA BOOYSEN

Support u kind. Ek het by my kind opgelet hoe meer jy raas met hulle, hoe erger raak hulle. My kind was laas jaar rehab toe en ek moes baie sagkens met hom werk. Dis really stressful. Jy moet net jou cool hou, maar sterkte aan al die ouers wat dit moet deurgaan. INA EBED

Moet nooit ooit opgee met hulle nie en moet nooit ophou bid nie. Sê vir jou kind dat jy lief is vir hom en dat hulle beter verdien as ’n lewe van dwelms. Sterkte vir elke ouer wat hierdeur moet gaan. Dis die seerste seer. WENDYANN SENEKAL

Moenie opgee nie. Bid al raak jy hoe moeg en moedeloos, maar moenie ophou bid nie. Jy moet somtyds hare op jou tande hê om deur die aartsvyand te kom met jou kind, maar moenie tou opgooi nie. Die donker wolk kan vandag by jou huis wees, maar die son sal weer moet skyn. Glo my, ek was daar. CHENTELLE FRANCIS

GBV kom jare aan. Dit was maar net goed weggesteek. Definitief skrik mense, want dit sal afskuwelik bly. Eish, as dit net verhoed kan word om die plek ’n beter plek te maak.

MARGARET ROSSOUW

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa