Kuier

HALLO MY KUIER MENSE,

-

Vir die afgelope dertien jaar gedenk die span elke jaar met die eerste uitgawe van September Kuier se verjaardag (die eerste uitgawe het in September 2009 op die rakke verskyn). Nie dat ’n tydskrif seker regtig verjaardag kan hou nie, maar ons gebruik enige verskoning om ’n bietjie gesellig te verkeer – ons is nie verniet die hele Suid-Afrika se kuier-leiers (aldus die tydskrif se naam) nie!

Maar op ’n ernstige noot, nie dat ons nie vreeslik ernstig is oor kuier nie, maar for serious, deesdae is hierdie herdenking in September maar ’n bittersoet besigheid. Deesdae onthou ons nie net daai eerste uitgawe nie, dit was toe ook mos in September (2020) dat ons ons eerste tydskrif moes drukkers toe stuur nadat ons retrench is. Covid-19 het ons regtig ’n lelike dirty getrek. Dit was ’n deksels droewige tyd . . .

Maar hierdie September is die handjie vol van ons wat nog oor is van die volle permanente span, baie dankbaar om te kan sê: Ons is nog hier! Ons moes by tye kruip toe ons nie kon loop nie, maar ons het nooit bly lê nie. En daarvoor kan ons net vir julle, ons getroue lesers dankie sê, want julle het ons deur die jare staande gehou en dis vir julle wat ons aanhou baklei om Kuier op die rakke te hou sodat jul stemme en stories gehoor kan word. Ek troos my ook daaraan dat die span mos eintlik familie is en jy kan nooit regtig jou familie verlaat nie, so al het van ons mense ander poste aanvaar, is hulle altyd daar om te help.

So geliefdes, hierdie September klink ek ’n glasie op ons, die hele Kuier- familie, want ons is nog hier!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa