Kuier

ONS LESERS vertel...

Sy koester groot drome vir haarself, en al werk dinge nie die eerste of derde keer uit nie, probeer sy weer!

- – JOSHWIN SAMPSON

Mooi is sy beslis en wanneer sy haar vietse lyfie op die loopplank swaai, kan jy sien modelwerk is in haar bloed. Maar al lyk dit asof dié eerstejaar­student van finansiële bestuur aan Northlink College al jare se opleiding het, het sy eers vyf maande gelede haar debuut as loopplankm­odel gemaak! Nou skitter Joey Roman (19) se ster so helder dat sy as een van die vyf wenners van Miss Teen Supranatio­nal South Africa gekroon is en gaan sy ons land in Ecuador verteenwoo­rdig.

Joey is oorspronkl­ik van Delft, maar woon vir die afgelope nege jaar in Kuilsrivie­r in die noordelike voorstede in die Kaap.

Sy vertel eers kortliks van die kronkelpaa­ie wat die lewe met haar geloop het voor sy modelwerk aangedurf het.“Ek’t in 2020 matrikulee­r, maar omdat ek wiskunde gedruip het, was my punte te laag om universite­itstoelati­ng te kry. Ek’t toe in 2021 my matriek oorgeskryf, maar kon steeds nie die mas opkom nie. Omdat ek ’n go-getter is, het ek vir ’n derde keer probeer, maar ek was weereens onsuksesvo­l. Dis toe ek besluit het om die kollege-roete te volg.”

Joey se droom is om ’n geoktrooïe­erde rekenmeest­er te word, en al gaan dit haar ’n bietjie langer neem, is sy vasbeslote om nie op te gee nie.“Ek wil eendag ’n boss lady in die besigheids­wêreld wees.”

Joey vertel sy het by modelwerk betrokke geraak omdat sy nie ledig by die huis wou sit nie.“Dis toe ek in Februarie vir Miss Teen Universe South Africa ingeskryf het. Tot my verbasing het ek met geen vorige ervaring of opleiding in die topses opgëindig.”

Joey bieg dat sy nie altyd so vol selfvertro­ue was nie.“Ek was baie insecure oor my voorkoms. Ek’t my klere altyd op ’n manier gedra sodat ek nie mense se aandag sou trek nie. En noudat ek aan pageants deelneem, moes ek myself dwing om confident te wees.”Joey noem aan die begin van haar modelloopb­aan was een van haar swakpunte om haarself gedurig met and deelnemers te vergelyk, veral omdat sy n van ’n welaf gesin kom nie. Volgens haar het ander deelnemers die rokke en die looks gehad en daarom was dit vir haar moeilik om in haarself te glo. Maar sy het gou genoeg ’n positiewe kopskuif gema

En met daardie attitude is sy in Julie as een van die topvyf van Miss Teen Supran tional South Africa gekroon.“Toe ek as e van die vyf wenners aangekondi­g is, het gevoel asof al my harde werk beloon wo En om te dink ek’t amper nie deelgenee aan die pageant nie, want daar was nie meer vlugte of busse na Pretoria beskikbaar nie. Ons moes vir 15 ure van Kaapst na Pretoria ry,”vertel sy.

Met haar deelname aan dié pageant het Joey ook hulde gebring aan die Khoisan-gemeenskap deur haar erfenis te vier. Sy vertel sy wil ’n stem wees vir hierdie groep gemarginal­iseerde mense.“My national dress vir die internasio­nale kompetisie in Ecuador is ook Khoisan-geïnspiree­rd. Ek sien baie uit daarna om aan hierdie kompetisie deel te neem,”vertel sy.

Haar boodskap aan jong vroue is: “Moenie ’n duplicate van iemand anders probeer wees nie. Wees jouself. Dís wat jou uniek maak.”

Jou wen lê daarin dat jy jouself as ’n wenner sien voordat iemand anders jou as ’n wenner sien.

 ?? ?? LINKS: Joey vier haar erfenis.
LINKS: Joey vier haar erfenis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa