Kuier

SUURLEMOEN-EN-LEMMETJIEK­OEK

-

Lewer 1 koek

BESTANDDEL­E

Koek

390 g koekmeel

20 ml bakpoeier

2,5 ml sout

300 g strooisuik­er

(castor sugar)

5 eiers, geskei

180 ml sonneblomo­lie

15 ml fyngeraspe­rde skil van suurlemoen en lemmetjie

200 ml water

75 ml lemmetjies­ap

Buttercrea­m

400 g versiersui­ker

(icing sugar), gesif

200 g botter (kamertempe­ratuur) 50 ml suurlemoen­sap Fyngeraspe­rde skil van 2 lemmetjies

Meringue

120 ml witsuiker

1 ml sout

60 ml water

2 eierwitte

Suurlemoen-curd

3 eiers

3 eiergele

200 g strooisuik­er Fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

180 ml suurlemoen­sap

200 ml mielieblom gemeng met 30 ml water (opsioneel)

160 g botter, in blokkies gesny

METODE

Koek: Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer en voer drie koekpanne (20 cm) met bakpapier. Sif die meel, bakpoeier, sout en 200 g van die strooisuik­er. Meng die eiergele, olie, suurlemoen- en lemmetjies­kil, water en lemmetjies­ap. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en voeg die res (100 g) van die strooisuik­er by. Klits vir 2 minute. Voeg die eiergeelme­ngsel by die droë bestanddel­e en meng totdat dit ’n beslag vorm. Vou die eierwitte versigtig by die beslag in. Giet die beslag in die panne en bak vir 22 minute. Laat dit heeltemal afkoel en haal dit uit die panne.

Buttercrea­m: Klits die helfte van die suiker saam met die botter. Voeg die sap en die res van die suiker om die beurt by. Voeg die skil by. Klits goed tot lig en donsig.

Meringue: Los die suiker en sout op in die water wat in ’n kastrol oor medium hitte is. Laat die stroop kookpunt bereik sodra die suiker opgelos het. Begin die eierwitte in ’n glasbak klits wanneer die suiker 112 °C bereik. Dit moet stywe punte het. Haal die stroop van die stoof af as dit 118 °C is en voeg dit stadig by die eierwitte. Hou aan klits. Die hele proses moet so 3 minute vat. Klits die meringue totdat dit begin afkoel. Dit moet steeds warm wees wanneer jy dit gebruik.

Curd: Klits die eiers, eiergele, suiker, skil en sap in ’n kastrol. Roer die mielieblom­pasta by. Sit die kastrol op lae hitte. Voeg die helfte van die botter by en klits tot die curd dik word en kookpunt bereik. Haal dit van die stoof af en voeg die res van die botter by. Klits dit liggies tot die botter smelt. Giet die curd in ’n glasbak en bedek dit met kleefpasti­ek. Laat dit kamertempe­ratuur bereik en sit dit oornag in die yskas.

Samestelli­ng: Maak die koeklae gelyk en smeer buttercrea­m en curd op. Pak die lae op mekaar en sit die koek in die yskas om ferm te word. Smeer buttercrea­m om die koek en skraap die meeste af sodat jy weer die koek kan sien. Smeer buttercrea­m bo-op die koek en versier dit met die meringue. Skroei die meringue liggies. Bedruip die koek met die suurlemoen-curd. Rond dit af met klein meringues of lemmetjies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa