Kuier

OMBRÉ PIÑATA-KOEK

-

Lewer 1 groot koek

BESTANDDEL­E

Koek

1½ hoeveelhed­e koekmengse­l (resep volg) 380 g koekmeel

300 g witsuiker

7,5 ml koeksoda (bicarbonat­e of soda) 2,5 ml sout

3 eiers

300 ml sonneblomo­lie

15 ml vanilla essence

375 ml amasi of karringmel­k

30 ml asyn of suurlemoen­sap Voedselkle­ursel van jou keuse

Buttercrea­m

500 g botter

1 pakkie versiersui­ker (icing sugar)

60 ml kookwater

Geursel van jou keuse

Samestelli­ng

Buttercrea­m

Lekkers of klein geskenkies

1,5 kg wit fondant Versiersui­ker Fondant-blomme

METODE

Koek: Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer vyf koekpanne (20 cm) met bakpapier. Sif die meel, suiker, koeksoda en sout saam. Meng die eiers, olie, vanilla essence, amasi en asyn in ’n ander bak. Voeg die nat bestanddel­e by die droë bestanddel­e en meng goed. Verdeel die mengsel in vyf ewe groot porsies en gebruik voedselkle­ursel om vyf skakerings te maak. Begin byvoorbeel­d met ’n baie ligte pienk en maak dit al hoe donkerder. Skep die beslag in die koekpanne en bak vir 20 minute tot deurgaar en ’n tandestokk­ie skoon uitkom as dit in die middel gedruk word. Laat dit heeltemal afkoel op draadrakki­es.

Buttercrea­m: Klits die botter tot lig en donsig. Voeg die suiker geleidelik by en klits goed. Voeg die kookwater bietjie vir bietjie by as die icing te dik raak. Klits dit goed vir omtrent 10 minute totdat dit lig en donsig is. Klits geursel van jou keuse by. Samestelli­ng: Sny die lae sodat dit dieselfde hoogte is. Sny 10 cm uit die middel van die onderste vier lae. Gebruik

’n bietjie buttercrea­m om die koek aan die koekbord vas te maak. Begin met die donkerste laag. Sit die res van die lae bo-op mekaar met buttercrea­m tussenin. Maak die gat vol met die lekkers of geskenkies en sit die boonste laag op. Bedek die koek rondom en bo-op met buttercrea­m en maak dit gelyk. Sit die koek in die yskas vir 15 minute. Smeer nog ’n laag buttercrea­m oor wanneer die koek yskoud is. Sit dit in die yskas totdat die buttercrea­m hard is. Verf die buttercrea­m liggies met water voordat jy die fondant oor die koek sit. Rol die fondant op ’n versiersui­kerbestroo­ide oppervlak. Lig die fondant met ’n koekroller en sit dit oor die koek. Laat dit oornag hard word of verkieslik vir 24 uur. Versier die koek met fondant-blomme.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa